Baie welkom by my Ou Apostoliese Kerk blog.Hierdie is `n blog met inligting oor die O.A.K(Ou Apostoliese Kerk)en hoe eenvoudig dit is om deel te word van hierdie kerk en liggaam van Christus.Ons gaan begin om te kyk hoe hierdie kerk lyk,m.a.w,ons gaan `n bietjie kyk hoe en wat die O.A.K is volgens die skrifte(Bybel).
Ons gaan ook kyk na die ontstaan van die O.A.K en hoe die kerk funksioneer.Dis maar net die begin.Ek sal gereeld nuwe inligting pos, sodat almal op hoogte kan wees van sake.
Dankie,
Wilhelm.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
286 comments:
1 – 200 of 286 Newer› Newest»Hallo Wilhem
Kan jy my die geskiedenis van die kerk gee. Hoe en waar het alles begin?
Thanks
Elwin
Daar is natuurlik opgetekende geskiedenis en tog wil ek die volgende noem:
Jesus was 'n sondagskool kind in die Joodse geloof. Ons sien dat Hy die Skrifgeleerdes verbaas gelaat het.
Jesus begin die Apostel Kerk as 'n gewone lid wat 'n evangelie verkondig anders as Sy tradisioenele Joodse geloof en maak dissipels bymekaar.
Jesus, soos die Onderjaken vandag, stuur die lede (Dissipels) uit om die evangelie te verkondig (Hy maak hulle vissers van mense).
Jesus in die uitvoering van die priesterlike bedienning, leer hulle om te bid (Die Onse Vader).
In die bedienning van die Oudste/Ouderling maak Hy siekes gesond.
As Vier Voud Amp, dryf Hy duiwels uit.
Hy word die eerste Apostel (Heb. 3 v 1) en dit is die oorspronklike ontstaan van die Ou Apostoliese Kerk wat baie storms in die geskiedenis deur gemaak het wat tot 'n evolusie.
Skuus "Onderdiaken".
Om te begin is ou apostolic kerk die kerk wa jesus sondag geloop en dit wys vir ons hoe ht jesus groot gword en dissipelene in die liggaam van jesus
Ek wil graag weet of hierdie blog nog bestaan. Ek het 'n paar vrae.
Hi John, ek sien jy het nog nie reaksie gekry nie. Ek is ook lid van die Ou Apostoliese Kerk, ek sal jou vrae so voledig as moontlik probeer antwoord. Skryf al jou vrae neer dan sal ek net weer boodskap los.
Hi John, ek sien jy het nog nie reaksie gekry nie. Ek is ook lid van die Ou Apostoliese Kerk, ek sal jou vrae so voledig as moontlik probeer antwoord. Skryf al jou vrae neer dan sal ek net weer boodskap los.
My vraag is :(1) Van julle mense het met my kom kuier. Hulle sê die dominees van julle kry nie betaling vir die kerkwerk nie. Iemand het vir my gesê julle Apostle kry wel pay?
(2) Hulle sê in Corinthians staan vroue moet hoed dra na die kerk. Maar ook sê hulle mens moet die Bible net geestlik lees en nie letterlik nie. Maar as dit lees vrouens moet hoed dra is dit mos letterlik of verstaan ek die Afrikaans biekie verkeerd?
(3) Dan is daar julle diaken wat 'n ander naam het wat nie in die Bible staan nie. Ek kan nie nou onthou wat dit is nie.(ek dink iets soos assistant diaken?)
Die mense praat my deurmekaar ek verstaan nie so heeltemal wat hulle bedoel nie.
Hi John
Vraag 1: Dis reg, geen van ons amptes, vanaf die onder-diaken, priester, oudste, opsiener, profeet of evagelis kry betaling nie. Hulle het elke aand verrigtinge wat hulle doen, vrywilliglik. Ons Apostel kry wel 'n salaris, omrede die Apostel se verantwoordelikheid so groot is dat hy dit voltyds doen. Apostels is gewoonlik een of twee per provinsie, en hulle vergaderings neem soos dae.
Vraag 2: In Korinthiërs staan daar nie dat die vrou 'n hoed moet dra nie. Dit is deel van ons kerk se ordenansies. Dis uit eer en respek vir die Here dat ons wel 'n hoed dra en die mans 'n pak klere dra. As die staatspresident julle uitnooi na 'n funksie toe, trek jy mos op jou beste aan, ons trek op ons beste aan vir God. Met die Durban July dra vrouens hoedens, maar as ons hoedens dra kritiseer die mens ons. Dis net uit respek en eer dat ons dit doen. Ek meen in Johannes 1:24 staan daar God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid. As mens na die Bybel kyk en jy lees hom natuurlik, sal jy sien die Bybel weerspreek homself baie keer, of dit wat jy lees maak nie sin nie. Ek gee net 'n voorbeeld hoe ons dit geestelik sien. In Gen 1:2 staan daar dat die aarde woes was en leeg. Is dit moontlik John dat 'n plek woes en leeg terselfde tyd kan wees? Nee beslis nie. In Jesaja 1:2 Daar staan: Hoor o hemele en luister o aarde want die Here spreek. Het die aarde dan ore John? As die aarde dan ore het moet hy tog 'n verstand hê. So nee ek het nog nooit gesien dat ons aarde waarop ons loop ore en verstand het nie. Openbaring 12:16 Die aarde het die vrou te hulp gesnel en die aarde het sy mond oop gemaak en die rivier opgesluk wat die draak uit sy bek uitgegooi het. Hier sien ons dat die aarde bene het want hy het beweeg en 'n mond. Is dit so? Verseker nie.Jesaja 66:8 Want Sion het weë gekry, meteens haar kinders gebaar. Vers 11: die kinders kan suig en versadig word aan die bors van haar vertroostinge. Vers 12: die kinders sal op die heup gedra word en op die knieë getroetel word. Nou vra ek John, Sion, is 'n berg en is deel van die aarde. Het die aarde dan Borste, Heupe en Knieë? Nee, dit is sinneloos. Dit verwar 'n mens mos. Lukas 8:4-15 Die gelykenis van die saaier. Jy kan dit gerus gaan lees. Dan kan jy kyk vers 11 sê: Die saad is die woord van God. Nou wil ek weet John, as jy nou in jou kerk sit en die dominee of pastoor preek, waar saai hy die woord van God? In die aarde, wat ons sien as die verstand van die mens. Ek het jou nou gewys dat die aarde ore, verstand, bene, mond, borste, heupe en knieë het. As jy al hierdie dinge sien wat sien jy dan? 'n Mens. Dit bewys dus vir ons volgens Lukas 8 dat die aarde wat God volgens Genesis 1 geskape het 'n mens is. Net 'n mens het ore, verstand ens. Kom ek lees die volgend tekse dan kyk jy of dit wat ek nou vir jou vertel het sin maak.
In Habakuk 2:14 Die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here. m.a.w die mens se verstand sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here.
Esegiël 43:2 Die aarde is verlig deur Sy heerlikheid. m.a.w Die mens sal verlig word deur die heerlikheid van die Here.
Daar is so baie dinge wat ek kan opnoem. Ek verstaan ook nog nie alles in die bybel nie, dit belowe ek jou en ek is al 20 jaar 'n lid van die OAK. Maar as ek 'n vraag het, vra ek my prieste.
Sommige goed beoordeel ons natuurlik ook, maar sodra 'n ding nie sin maak nie, dan moet hy geestelik beoordeel word. Ek meen hoe moet ons die Onse Vader geestelik beoordeel? Dit 'n gebed wat wys hoe ons moet bid.
Ja ons het 'n onder-diaken, hy is die enigste amp wat nie 'n gesalfde amp is nie. Getuienis en opbouing is uitsluitlik sy werk.
Hoop ek kon van jou vrae beantwoord.
Lekker dag.
Nettie
Goeiedag
Ek het nou weer na Nettie se antwoord gekyk op my vrae maar het nog steeds vrae.
Ek het ook gaan nalees en die geskiedenis soos wat julle besoekers my vertel en wat ek lees oor Irvingisme verskil drasties met mekaar.
Vraag 1: Volgens julle kerk se besoekers het mense in die middeleeue bymekaar gekom om die regte kerk te soek en toe het 'n profeet vrou vir hulle gesê dat die Ou Apostel kerk die regte kerk is volgens die Bybel. Maar as ek geskiedenis lees op Internet het Ou Apsotelkerk eers in die vroëe 1900 deur 'n man met die naam van Vader Klibbe gestig?
Vraag 2: Julle sê mens moet die Bybel net geestelik verstaan, maar nou kom ek weer by die hoed dra storie. Nettie sê dit staan nie in die Bybel nie maar daar staan wel in Korinthiers 'n vrou moet haar hoof bedek in die temple. Dan verstaan julle mos daardie deel natuurlik?
Vraag 3: Julle ontken dat daar 'n wederkoms is, maar die Bybel beloof ons dat Jesus weer sal kom? Volgens julle besoekers het Jesus reeds gekom? As dit so is moet ons mos nou almal aan die regterhand van God sit?
Vraag 4: Julle besoekers se julle Apostel is God. As dit so is dan kan hy mos nie sterf nie? God is onsterflik. Ek het dan al gehoor van 'n Apostel Ninow wat dood is?
Vraag 5: Julle ontken die Skepping. God het alles gemaak, die son, maan sterre plante, visse mense en alles wat bestaan. Niemand sal my anders oortuig nie. As dit nie so is nie, waar kom lewe vandaan? En moet asb nie met die Big Bang theory na my toe kom nie. Wetenskap is 'n aanname, dis nie bewese nie.
Vraag 6. As julle kerk se mense ander kerke kritiseer omdat die leraars vir salaris werk waarom werk julle Apsotel dan vir 'n salaris?
Vraag 7: As die Bybel net geestelik verklaar moet word, waarom word die deel in Efesiers en Korinthiers waar staan God het eertse in sy gemeente 'n Apstel gesit dan letterlik vertolk?
Vraag 8: As julle ons kritiseer oor die benaming Dominee/pastor en ouderling, waarom is daar dan in julle kerk 'n onderdiaken ? 'n Amp wat nie in die Bybel bestaan nie?
Vraag 9: Wat is 'n "segensbrief" waarsonder julle gemeente nêrens mag gaan nie?
Vraag 10: Wat is Handelinge vir siekes waar net die geneesheer van Isreal die Oudste mense mag gesond maak? (Waarvoor kry mens dokters?!)
Vraag 11: Waar staan dit in die Bybel dat mens net deur die hande oplegging van 'n Ou Apsiotel in die hemel sal kom?
Vraag 12: Wat se beheptheid het die mense wat my besoek met die reënboog se kleure wat bruin vir broer, geel vir ondrdiaken, blou vir suster, groen vir priester en rooi vir oudste is? Wat op aarde het dit met die Bybel te doen?
Laatens betrefende die son en maan wat eers op die vierde dag gemaak is, as julle besoekers en Nettie die Bybel reg lees, sal hulle sien God het op die EERRSTE dag al LIG gemaak. Op die vierde dag toe hy die son en maan gemaak het, het hy eers vir die Groot lig (Die son_) heerskappy oor die dag gegee en vir die klein lig(die maan) heerskappy oor die dag.
Ek hoop die Blog werk nog want al die ander sogenaamde Ou Apostel blogs is onaktief
Some more questions.
Jammer maar soos ek deur my notes lees kom ek af op nog vrae:
Vraag: Drome. Julle praat asof net julle kerk se mense droom, dan moet julle dit afskryf en vir die "huispriester" gee dan lê hy die droom uit. (Dis wat julle besoekers aan my vertel)
Nou as drome net vir julle kerk gemaak is, waarom droom mense soos ek en baie van my vriende dan ook?
Vraag: Ander kerke word gekritiseer omdat hulle kollekte hou in die kerk maar julle spreek die "banvloek" uit op iemand wat nie een tiende van sy/haar bruto salaris wil gee vir die kerk nie. Dis mos ook 'n vorm van kollekte dan nie?
(by the way: What does "banvloek" mean?)
O ja, die gemeente wat ek aan behoort (Fellowship of Christian Believers) hou ook nie kollekte nie, elke person kan gee soos wat dit behoefte in sy hart is dan kan hy dit in die box by die preekstoel sit.
Vraag 3: Wie sien om na die armbehoeftiges in julle kerk? Sover ek dit het het van hulle al by ons kom aanklop vir hulp omdat julle gemeente hul nie wil help nie want hulle het nie tiende gegee nie. (Wat word van die geld?)
Julle besoekers se weergawe van die range in julle kerk laat my baie aan die army dink: Lance Corporal = Onderdiaken, Corporal = Prieter, Sargent = Oudste, Staff Sargent= Profeet and last Sargent major = Apostel
Klink my ook soos hulle bevele gee moet dit ook net soos in die weermag gehoorsaam word anders is dit strafdril of in die kerk se case, "warmplek" toe.
Gelukkig is die God wat ek in my gemeente aanbid Liefdevol en Barmhartig en Getrou.
Is die blog nou nie meer active nie?
...and they remain silent...hulle swyg....
Aijajai! Pieter jy is 'n baie kwaad man. Maybe someone will answer now.
Thanks Peter. At least someone is responding, al is dit nie van hierdie klerk se mense nie. Soos ek verstaan glo hulle ook nogal in 'n sense aan die Wtenskap. Nouja, jy het my mooi vertel maar ek gaan maar sukkel om nie te glo in die Skepping nie. Dankie anyhow.
Nooit ooit het GOd ons gedwing om enige iets te doen wat ons nie wil doen nie. Soos almal weet is Godsdiens n vrywillige saak, dit is ons keuse om te glo, of te wel nie te glo. God deur die Bybel gee ons n aanduiding oor hoe ons Hom moet dien inien ons wel sou belang stel om Hom te dien, geen dwang, geen verdoeminis nie en ook geen veroordeling nie. As ek God nie wil dien nie en ek nie in Hom wil glo nie dan is dit my keuse, al wat die here vir ons se is dat indien ek besluit om Hom nie te dien nie kan ek nie verwag om eendag Sy rus in te gaan nie. natuurlik as ek nie glo nie is dit nie n proleem nie. Net n vraag?, se maar nou net ek gaan dood en daar is n God en hy bestaan wat doen ek, en as ek lewe volgens die bybel en ek gaan dood en daar is niks maak dit nie saak nie wat ek het n goeie lewe gelei terwyl ek op aarde was.
Nooit ooit het GOd ons gedwing om enige iets te doen wat ons nie wil doen nie. Soos almal weet is Godsdiens n vrywillige saak, dit is ons keuse om te glo, of te wel nie te glo. God deur die Bybel gee ons n aanduiding oor hoe ons Hom moet dien inien ons wel sou belang stel om Hom te dien, geen dwang, geen verdoeminis nie en ook geen veroordeling nie. As ek God nie wil dien nie en ek nie in Hom wil glo nie dan is dit my keuse, al wat die here vir ons se is dat indien ek besluit om Hom nie te dien nie kan ek nie verwag om eendag Sy rus in te gaan nie. natuurlik as ek nie glo nie is dit nie n proleem nie. Net n vraag?, se maar nou net ek gaan dood en daar is n God en hy bestaan wat doen ek, en as ek lewe volgens die bybel en ek gaan dood en daar is niks maak dit nie saak nie wat ek het n goeie lewe gelei terwyl ek op aarde was.
verder wil ek u vraag so probeer antwoord oor hoekom u beweer u is n ateis. weereens wie het vir U gese U moet een wees, as u vanndag besluit u is nie meer een nie en u besluit u glo in God dan sal dit so wees, met ander woorde dit is u besluit. Laat my toe om vir u te se u is nie n ateis nie. Die rede hoekom ek so se is dat u soek antwoorde op vele van u vra, antwpoorde op n geestelike gebied (U siel soek antwoorde ) sowel as op n natuurlke gebied ( u as mens wil verstaan ) en ja u sal daarteen stry en skop maar die werklikheid is as u diep in u self kyk en opreg sal antwoord sal u saam stem u smag na antwoorde en diep in u binneste wil u glo. U praat oor wetenskap die big bang "theory" ens.en weereens sal u saam stem dit is lles spekulasie maar ons as mens glo baie vinnig daarin alhoewel ons dit nie rerig gesien het nie en on het nie vaste bwys daarvoor nie. My punt is laat die wetenskap hulle self bekommer oor die wetenskap hulle is bevoegd daarin en dit is hulle keuse die groot ding is dit het geen uitwerking op my siel of my geloof nie. Ek en u moet liewer bekommerd wees oor iets waaraan ons iets kan doen, n se oor het en ons n keuse kan maak en dit is my siel. Ek kan probeer om my geloof aan u af te smeer maar dit is nie my bedoeling nie, ek kan my geloof teenoor u probeer regverdig maar dan word dit n hy se sy se en n oor en weer struweling. Ja, ek glo baie sterk in my geloof, het dit al bevraag teken, al geluister wat mense reg of verkeerd daarvan se maar weereens dit is wat die mens se en doen en ons is bereid om na mense te luister maar nie vir God nie. Godsdiens ongeag die geloof sal altyd n persoonlike keuse wees
Korreksie meneer, jy is nie net 'n groot rassis nie, jy klink vir my nog geestelik versteurd ook. Mens kan sien jy is nie 'n Christen nie, jou taalgeruik spreek daarvan. Soos Anonymous sê: ek dink daar wag vir jou 'n baie onaangename (warm) verrassing wanneer jy die dag dood gaan. Glo alle ateïste daaraan om so onhoflik te wees dat mense (Anonymous ) jou nie as "u" mag aanspreek nie? Swak opvoeding van jou kant af, sal ek sê.
l
Nouja ten minste ontken jy darem nie dat jy 'n BAIE GROOT RASSIS is nie. Dis seker ook deEl van ateïsme....
Nouja ten minste ontken jy darem nie dat jy 'n BAIE GROOT RASSIS is nie. Dis seker ook deEl van ateïsme....
You are not a racialist but you use the phrase: "...te veel kaffers wat wit mense wil moor..."
?! I rest my case
Hiermee wil ek net apologogie aanteken teenoor Anonymous en die Blog administrateur van hierdie Chistelike geselsforum vir die ongevraagde hijacking van hierdie gesprekke deur die ateïs, ene Peter. My vrae aan my gespreksgenote het geensins die bedoeling gehad om hierdie soekende siel by hiedie debat te betrek nie. (Ek sê soekende siel want wat soek hy as Ateïs op 'n Christelike gespreksforum?)Ek het in elk geval besluit dat ek aan sy versoek sal voldoen om nie verder met hom te kommunikeer nie. Hy kan my egter nie verhoed om met ander deelenemers te gesels wat nie vloekwoorde en rassistiese woorde in hulle gesprekke te gebruik nie. Mag almal 'n heerlike dag geniet op hiedie pragtige aarde wat die Groot skepper vir ons gegee het.
John
Jy is 'n Christen duisend.
Kan nie glo daar bestaan mense soos Pieter nie.
Ek hoop hy weet dat hy gaan moet rekenskap gee vir alles wat hy so maklik ontken en vir al die beledigings wat hy so rond slinger.
Dankie Marie. Dis verblydend om te sien dat PIETER een van die eienskappe van God, naamlik LIEFDE aanhang! O ja , ek het sy naam nou reg gespel en vra apologie omdat ek dit verkeerd gespel het in vorige korrespondensie. Afrikaans is nie my eerste taal nie. Liewer is ek 'n Christen in 'n derde wereld land waar ek my geloof vrylik en met passie en vertroue in God kan uit leef as in 'n eerste wereld land waar Ateïste op Christen sites rondhang omdat hulle nie iets beter het om te doen nie. Wys mens net hoe aanloklik Christenskap vir die massas is.
Byna twee maande na die laaste post. .. Is daar nog lewe op hierdie blog, is dit net ek wat hier verdwaal geraak het omdat gedurf het om OU APOSTOLIESE KERK te Google :(
Dis nou byna twee maande na die laaste post. Is daar nog lewe op hierdie blog? Of is dit nou my straf omrede ek gedurf het om OU APOSTOLIESE KERK te Google?
Hi Arno
Ek wou ook by 'n vorige geleentheid dit weet maar het geen antwoord gekry. Net een ou wat my aanvat omdat ek 'n Christen is.Daar is mense van hiedie kerk wat my kom besoek en ek het hulle egvra maar hulle weet nie van die blog nie, Volgens hulle mag hulle nie skriftelike geod of oor die internet oor hulle ekrk praat nie. So ek weet nie of die plek nog aktief is nie want ek het nogal vtrae vir hulle.
Goeie dag mede broers en susters, weet asb dat julle besig is met verkeerde dinge, weet julle nie dat as jy oor die woord van on Vader wil praat dit in 'n gemeente moet geskied nie, bly asb. weg van die wereld se dinge en volg die sakremente, jammer oor die boodskap, ons het nie eers 'n gemeente in ons dorp nie maar kom darrem bymekaar so nou en dan, ek het perongeluk op die blog afgekom weens nuskierigheid oor wat die wereld sê van ons, weereens jammer, nie bedoel om om te krap nie, maar sou jy verlang om enigiets uit te vind van die geloof, sal ek voorstel, bid vir dit en dit sal aan jou gegee word, vra my dit werk, God is orals en sou jy die geloof volg sal jy dit baie vinnig agter kom.
Groete
Hey Otto, ek dink nie enige normale mens stel in elk geval belang in jou vertraagde kult nie. Enige persoon wat vir homself kan dink weet vir 'n feit dat hierdie Apostoliese- en Christen ding (insluitend die meer as 2000+ verskillende sektes van Christenskap) sommer 'n klomp kak is. Dis nogals jammer dat julle in sulke bullshit stories glo wat obviously deur antieke, vertraagde woestyn inwoners uitgedink is.
Siestog Pieter, ek kry jou regtig jammer, ek dink aan jou
Ummm, is jy miskien dalk gay? Ek het geen probleem met gay mense nie maar solank jy weet ek dink nie aan jou op dieselfde manier nie. Miskien moet jy "grindr" Google, jy kan dalk daar bietjue van jou frustrasies... ontslae raak ;)
Ek weet nie hoekom jy my jammer kry nie. Jong miskien moet jy eerder jouself jammer kry omdat jy in antieke feëverhaaltjies glo, en dan is jou verskoning dat jy dit geestelik moet opvat net om enige awkward vrae te dodge as iemand die Bybel verkeerd bewys.
Gaan jou priester of onderdiaken nie in hulle broeke kak omdat jy op die internet is nie? Ek dog Apostolies mag nie fliek en sulke goed nie want die kerk moet mos in elke aspek van julle persoonlike lewe indring? Ek bedoel vra jy nie jou priester vir permissie vir alles wat jy op skuld koop nie? Wonder wat soek julle op die internet in elk geval, julle trek soos mense in die 1800s aan, nie geweet julle weet eers waar om 'n rekenaar aan te sit nie. Arme breinlose skapies, julle klomp... en dit gaan vir elke geloof op hierdie planeet.
dit klink my jy het effense fristrasies, hahahahaha siestog, ek wens net die beste vir jou, rekenaars is eintlik een van die sterk punte wat ek het, maar kom ons praat nie uit myself nie, dit klink regtig jy het 'n groot Godelose probleem en jy sal regtig diep moet gaan grou om agter daai een te kom, sprokie weet ek nie van nie, dit klink my jy is baie ongelukkig, ek wonder wat het gebeur, as jy wonder oor die guy ding, moet jy maar eers na jouself moet kyk, dit lyk my nie jy verstaan dat mense goeie harte kan hê nie en dat jy dalk worstel met jouself, sterkte ou maat
Ek soek hulp, my verloofde (gebore OA) se ouers, sy Pa is priester in hul kerk, wil my kom " testify " sodat ek hulle geloof sal aanneem en ons baba in hul kerk sal doop. Ek sal nooit my geloof in ons 3 eenheid verraai of my letterlike interpitasie van God se Woord verander nie. Ding is ek wil goed toegerus met vrae en antwoorde wees as hierdie OAK mense by my huis aankom, en sodoende my verloofde (onaktief by OAK vir afgelope 1 en half jaar) laat hoor hoe verregaande die mense se kerklike gebruike en oortuigings is. Enige raad asb.
Lelanie
Google "Old Apostolic Church" of "Ou Apostoliese Kerk" of enige trefwoorde wat met die onderwerp te doen het.
Daar is 'n uiters interessante uiteensetting in PDF-formaat, asook in HTML wat vir jou interessant mag wees en behulpsaam kan wees met waarna jy spesifiek soek.
Ek het die lêer op 'n kol afgelaai, maar dit is iewers op een van my geheuestafies. Indien jy nie regkom nie, laat weet, terwyl ek intussen sal soek na die URL vir die spesifieke webbladsy.
Duisend dankies
Middag almal..
Ek het raad nodig asb.
Ek wil graag Ou Apostolies trou omrede my verloofde Ou Apostolies is.
Wat moet ek als doen en deur gaan voor ons sal kan trou?
FIFI
My beste raad is moenie. Hardloop ver weg. Hulle gaan jou breinwas. As a matter of fact, hardloop sommer ver weg van enige georganiseerde geloof. God bestaan nie, en die Bybel is net vol stories wat deur antieke woestyn inwoners in die midde-ooste geskryf is om mense te beheer. Jy kan 'n beter lewe lei deur net goed aan ander mense te doen en jouself te geniet. Jy het nie geloof nodig om ander mense met respek te hanteer nie en jy het ook nie geloof nodig om die regte dinge te doen nie. As jy 'n Bybel nodig het om jou te vertel wat reg of verkeerd is, om nie mense te moor nie en om ander met respek te behandel, dan wil ek nie weet wat jy sal doen as daai Bybel nie daar is vir jou nie. Gelukkig is meeste van ons nie dom genoeg om ander mense dood te maak of mense te laat suffer nie, en omdat ons menslik is en ander respekteer en jouself in ander se skoene kan plaas, kan ons dit doen sonder 'n bybel of enige "heilige" boek.
Ja, hierdie is 'n kontroversiële antwoord. Miskien is dit tyd om van feëverhale ontslae te raak en jou lewe te geniet op 'n verantwoordelike manier. Sonder geloof sal ons minder extremists hê, minder diskriminasie en meer wetenskaplike vordering hê sodat ons almal langer en gesonder kan lewe en mekaar se geselskap kan geniet. Lewe vir vandag, maak die beste van elke oomblik. Moenie dat 'n priester, predikant, pastoor of jeugleier jou vertel wat om te doen nie. Gebruik jou common sense. Lees jou bybel van begin tot einde en jy sal sien wat ek bedoel.
Pieter. Ek weet ni wat maak u op die blog ni. Jy kritiseer en lewer net negatiewe kommentaar. Dit is vreeslik interressant om te lees oor di verskillende sienings. Ek soek nog na die (regte) aanvaarde geloof in ons tyd.
ek wil graag weet hkm die kerk nie gangsters begrafer nie ek weet die ander se lewe is ook in gefaar maar hulle kan kerk loop dan is die mense se lewe nie in gefaar nie daar is kinders wat mense dood skiet dan is hulle in die diens sondags wat se jy vir die mense buite as jy hulle gaan getuig as hulle dit vra
Good day to all, I m very happy to see all the different poits of views, thats healthy, becuase just think how boring it must be if every one had to listen to same music or something.
In response to the questions of peter I think. I am in the old apostolic church of Africa, and thank you so much peter for calling our church an cult, there you have one thing correct.
I also want to add me and my fellow brothers in this church which you are commenting so much about are proud to be in this cult church, I would like to give you the verse where it is standing, but it seems to me that you know your bible extremely well must I say, so then you wud have come upon this verse in the bible already, the verse says the following: "I thank now God that I am an cult, because that is the true salvation to eternal life, hey bro I'm not thump sucking here now, go read it in the Bible.
Then I have a few questions for you peter? Go read this in the scriptures you have you will find it there.
1st Question: The bible says my people go astray due to the fact that they understand these things on a natural basis?, in fact you can go read it in Judas 10, read the whole Judas 10.
Question 2 In Romans 8, please read the whole Romans 8, there you will read that "if you are thinking of fleshly things you are thinking dead, if you think the spiritual things, you think life, now your question is but do you tell me that I cannot look at a rugby match anymore, then i refer you to go read Gallations 5, sommer th whole galations 5, here you will read about what it is ment thinking natural/fleshly and spiritually.
Question 3: Who is the chosen people by God, according to the Bible, if I read the bible you can read there in Exidus where God is giveing Moses instruction to release his chosen people namely Israel, now if this must be a natural factor, you and I have a big problem, are you by nature maybe an Israel person are you born there, according to me thare is war going on there at the moment, so if this must be natural you and i can stop arguing any further, because I'm an South african not an Israel.
Go read the bible and you will eventually see what our church means about spiritually and naturally
Please feel free to come visit me in Les mare community. I am brother Armand Otto
An Lelane why are you afraid of the church people coming to your home to testify you, if you are so strongly believing your current believe, no one can change your view?
My genade, hier sit ek vandag as wedergebore vrou en doen navorsing oor die Ou Apostoliese Kerk, groot is my verbasing dat daar geen respek vir ander gelowe is nie. Elke mens het n siel (denke) wat hulle gegee is om keuses te maak. Dis geen wonder dat mense so soekend is na die waarheid nie, want ons verbeur die opdrag om volgelinge vir God te maak. Hoe kan ons as sondige mens saad saai as ons self nie eers weet wat om te saai nie.
Met Jesus se kruisiging is die Heilige Gees vir ons gegee om ons by te staan. Jesus het as vlees aarde toe gekom om vir ons sondes te sterwe. Die nuwe verbond is gegee want geen mens kan volgens die ou verbond leef nie. Die gawes is vir ons gegee, outoriteit is vir ons gegee. Elke mens het die Heilige Gees in hom/haar wat ons daarmee maak is ons keuse.
Valse profete, mense en leerstelinge is daar baie. Die geveg is nie tussen mense nie maar tussen die bose(donker) en die Lig.
Mense respekteer ander en moet nie oordeel nie, wie die eerste klip kan gooi !!. Dade gaan jou nie red nie. Sagmoedigheid, liefde, hoop, vertroue in wat ons nie kan sien nie maar glo.
Mag almal wat so soekend is die Heilige Gees vra vir openbaring, ons as mense het elkeen ons eie opinie, maar alleen die Skepper kan ons die regte antwoorde gee. Dis goed om te verskil maar moet nie jou geloof aan ander afsmeer nie. Moenie jou perels voor die varke gooi nie, as jy by n plek kom waar mense jou nie aanvaar nie, skud die stof van jou voete af en beweeg aan.
Mag al die soekendes vrede kry en antwoorde op julle vrae. Nie in mense nie maar in God sal ek glo.
Ek het die keuse gemaak om aan die kruisdood van Jesus te glo en aan die opstanding en die wederkoms waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat al gestef het.
Hiermee wil ek nie n debat begin nie, want nie een van ons sal dit wen nie.
GELOOF, HOOP EN LIEFDE vir almal.
bestaan hierdie blog nog indien wel sal ek bitter graag van julle wil hoor voel vry om my te email my adres is rudinel060@gmail.com.... apostoliese lede en nie apostolies kan my email
Norma ek hoor wat jy se maar as ek jou stelling reg lees is die ontmoeting of navoorsing wat jy gedoen het uit bronne verkry wat nie die insettinge van die OAK reg oordra nie
Na die Kruisiging het Christus aan sy Dissipels verskyn en aan hulle gese hy sal aan hulle die trooster agtelaat namlik die HG en in Handelinge 2 word hierde waar en aan hulle is die HG gees toevetrou anders kon na die KRUISING ALMAL dit gekry het maar hy het dit aan hulle gegee omdat hulle sy wysigings en sy handel en wandel wyse geken het .
toe hy vir hulle se dat een van hulle hom sou veraai het niemand gese dit is nie EK nie hulle wou weet wie dit sou wees JA maar hulle het niemand gese dit is nie ek nie omdat hulle almal nes almal van ons SONDIG MENSE is niemand absoluut NIEMAND van ons is vry van sonde nie
Ek lees in Hand 8 v 12 - 18
Fillipus (n mens ) het die evangelie verkondig en toe hulle hom glo was hulle gedoop
Die Apostels (wat die HG in hulle besit het volgens Hand 2 ) wat ook mense was stuur Johannes en Petrus en nadat DIE APOSTELS die hande op die wat gedoop is le het hulle die HG ontvang en SIMON SIEN DAT DEUR DIE HANDOPLEGGING VAN DIE APOSTELS DIE HG GEGEE WORD .........
haai cunni
Soos ek in my vorige skrywe gese het, was dit vir my baie duidelik dat van die mense wat stellings gemaak het oor die OAK nie respek het vir ander se gelowe nie. Ek wil nie n debat begin nie. Al wat ek vra is dat mense mekaar se sieninge van die Woord moet respekteer.
NAAND DONALD VAN SCHALKWYK EK WIL GRAAG WEET HOE MOET DIE AMPTE AAN GETREK WEES BY UITSTAPIES VD KERK (SEE TOE) IS DIT N MOET VIR N PAK KLERE WAT SE DIE BYBEL WANT ALES MOET BEWYS WORD IN DIE BYBEL
Hallo ek wil net graag weet hoe sien julle Hemel en Hel? Van die mense glo die brand en pyniging in ewige hel..van die mense se as jou lewe nie reg was nie bly jy net slaap en word nood weer wakker? En as jy sterf wandel jy mos nie rond op aarde? Is dit nie tog maar demone wat in mense figuur verander om jou te laat sien wat jy dink of wil sien? Jammer al die vra wil net hoor wat julle dink van dit.
Dis vir my baie interessant dat sodra John ernstige vrae begin vra het, die OA manne stil geraak het. Die waarheid sal jou vrystel.
Eks broer peters ek kom nou eers op hierdie blog af. As enigeiemand vra het. Hiers ek, ek het die waarheid. Soo john en pieter almal wat ng bestaan ek wag.
Ek wil net uitvind watter weergawe van die bybel in die kerk gebruik word.
Watter weergawe van die bybel gebruik die kerk
Ai al die gestry oor wat gebeur het in die verlede hoekom lees julle nie maar die wooord van God en bid oor julle vrae nie?? Die Heilige gees sal julle vinnig herrinder wanneer julle van die pad af dwaal of as iets nie reg voel omtrend Gods diens. Al wat hier gebeur is almal oordeel en bevraagteken die woord van God. Gaan bid en vra Hy is die waarheid en Hy sal jou lei. Hou op baklei mense dis nie wat die Here wil he nie...ons moet saam staan nie teen mekaar gaan en stry oor wat gebeur het nie. Leef reg en bid vir julle sondes ons is nie volmaak daarom se ons dankie dat God vir ons Jesus gestuur het. Maak vrede en wees lief vir mekaar.
Natasha dis ware advies. Enige persoon wat n verhouding met God het, kry leiding van die Heilige Gees ons moet net stil word en luister. Alles is duer God se genade aan ons en daarvoor moet ons Jesus se naam prys en loof. Tradiesie maak mense vasklou aan vlase leringe. Die tyd is min, die oes is groot en die arbeiders is min. Ons wapen uitrusting moet alreeds deel wees van ons daaglikse kelding wat ons dra en dit moet noot net gebruik word as die teespoed ons tref nie. Ons mag met God direk praat en weet glo en vertrou dat God ons hoor. God se tyd nooit ons tyd nie. Korintiers 13 is so trefende vers.
Liefde in God en vrede vir almal
Ek word nogal ontstel tot in die nederigste seeel van my hart oor die ontkunde wat in julle harte is.Hosea 4v6...verklaar God dat Sy volk te gronde gaan a.g.v n gebrek aan kennis.Ja julle is dood na die gees,want dit die dood beteken om niks te weet van God en Sy verbond nie.Die Skepping in Genesis een is die ontstaan van Die Leer van die Apostel en dit impliseer dat Adam die eerste Apostolie was.Almal ons wat lede aan die liggam van Christus(Ou Apostoliese Kerk0...ons is nie beter as ander nie,maar ons is met alle respek en waarheid die Uitverkore Volk van God.En vir julle wat nie weet nie:''GOD IS DIE GEPSROKE WOORD' wat sy woning in die mens kom maak het.Lees gerus ons as Apostolies se gunsteling teks-JOHANNES.Want in die teks leer ons wat God is en on leer waar God is.As ons net die opskrif van JOHANNES 1 lees,kan ons aflei waaroor die hele teks gaan.Die opskrif is so pragtig;'DIE VLEESWORDING VAN DIE WOORD'Met ander woorde die Woord wat God is het vlees aangeneem en onder die mens kom woon.
En hierdie Weg as Die Leer van die Apostel(Ou ZApostoliese Kerk)-Dit is n SEKTE weg-HOEKOM?
S-By die Kerk kry jy saligheid vir jou SIEL
E-Ons is al kerk wat ERKEN dat God in ons vlees gekom het,want dit is die waarheid.
K-Ons is KINDERS in die
T-TUIN van
E-EDEN
JA,hiedie weg is die waaragtige weg wat lei tot sielsaligheid...En of die mens dit aan hierdie kant van die graf besef en of hy dit aan die ander kant van die graf besef-HY SAL DIT BESEF!!!!!!
MOENIE met die kinders van God mors nie en moet hulle ok nie vervolg nie...Julle sal soos SAUL met n weerligstraal geslaan word van julle ''trone'',dan sal julle God sien en dan sal julle sterf!!!!!
Maar ek vervloek julle nie,maar ek SEGEN julle in julle ongeregtigheid dat julle oorvloedig moet raak in julle ongeregtigheid dat julle sodoende daardeur te gronde mag gaan ,en die DOOD sterwe!!!!!AMEN
Goeie middag ek ia Broer Gert Posthumus vanaf die Oos London velde,ek sien dat daar vele mense op hierdie blog my geloof sleg se, iemand hier het genoem oor kommentaar wat op die internet beskikbaar is oor Die Ou Apostoliese Kerk, julle moet baie versigtig wees oor wat julle op die internet sien dit is baie verleidend.
Die skrifte verwys na die seun van die mens wat sal kom. Waar is JESUS CHRISTUS vandag? 1 Korinthiers 12 v 27 Julle is die liggaam van CHRISTUS, LEDE in BESONDER, en dan kan ons ook gaan lees in 2 Korinthiers 13 v 5 Ondersoek julself of in die geloof is; stel julself op die proef; Of is julle nie seker vaan julself dat Jesus Christus in julle is nie ???
Goeie naand Ek is 'n gebore Ou Apostolie lid is vir 25 jaar in die kerk met trots. My pa is 'n Priester vir solank ek kan my nie voorstel dat hy nie een is nie. Hy is 'n voorbeeld vir so baie mense en my ma is duisend present aan sy sy. Jullie sien vas aan die aardse dinge kyk ek weet ons kerk is baie oud moedies, maar ons het respek. Respek vir my mede broers en suster, respek vir die Onderdiaken , respek vir die Pietser my Herder, respek vir die Oudste, respek vir die vier voud amp naamlik Profeet, Opsiener, Evagelis en so ook die Apostel, maar soveel respek vir God.
Ons het soveel aktiwiteite dat julle verbaas sal wees. Maandae is getuignes, Dinsdae is kragsel, Woensdae is broodbreuk, Donderdae is weer getuignes, Vrydae is koor, Saterdae is dit jeug aktiwiteite. Sondag is 'n lekkedag daar is diens na diens is dit sondagskool. Sondagskool was altyd vir my as kind die lekkerste. Daar het jy als geleer die geskiedenis van die Bybel naamlik Noah en die Ark, Dawid en Goliat en so kan ek die stories opnoem.
My ouers is die beste wat daar kan wees. Ek kan met trots se my pa is n Prietser in die Ou Apostoliese kerk, dis wat hy doen. Hy is n steunpilaar vir al sy lede.
Almal kyk vas aan ons klere drag stop en wonder hoekom soos ek gese het respek! Hoe kan ek in kotbroek en plakkies my liggaam diensbaar stel vir God, beteken hy nie meer as dit nie, verdien hy nie meer as dit nie.
Ek is as kind altyd gespot by die skool omdat my oë oop is as ons gebed doen, ek my pa eendag gevra hoekom bid ons met ons oë oop my pa se antwoord. " As jy jou ma vra vir snoepie geld, is jou oë oop of toe?" my antwoord was natuurlik oop. My pa gese nou ja dis God hoekom wil jy met hom toe oë praat.
Ek weet ons kerk is moeilik om te verstaan, maar ons se geen ander kerk sleg nie, ek weet nie hoekom van julle dink my kerk is sleg nie.
Ek wens n mens kan met die mense wat hier navraag doen oor ons kerk julle antwoorde gee, maar dis so bitter moeilik. Beste gaan wees gaan soek ons kerk op in jou dorp en maak so kontak met die Onderdiaken of selfs die Priester.
Ek is jammer aan die mense wat dink hulle weet baie van ons kerk maar weet eintlik niks, julle maak julle self sleg. Volg die goue voetspore wat daar gelos is ek hoop jy vind rus vir jou self.
Ons gebruik die weergawe 1953 van die bybel.
Ek is met trots n lid van die Ou Apostoliese kerk van Suid-Afrika en ek bedoel TROTS!!!
Dis so mooi om te lees hoe trots mens kan wees oor mens se kerk. Ek was gebore in die OAK maar het getrou en is oor na my man se kerk. Na amper twaalf jaar se getroude lewe begin my man in sommige dinge die lig te sien en dit te verstaan soos ek dit verstaan. Ek dank God vir my insig en dat ek as kind al reeds oor die kerk kon getuig. As ek in my lewe net my man kan dinge anders laat sien het ek al die saadtjie geplant wat sal groei met die evangelie. Dit help niks om te baklei oor geloof nie. Daar is net een God en aan hom moet ons klou. Hy is die weg.
OAK Lid
Ek kom deur 50 jr tradisionele kerk en 7 jaar charismatiese kerke ''soekend''.
Agtien maande in die OAK kerk het my die meer uitnemende weg gewys en al my vrae is be-antwoord.
Die boek Judas vers 9 sê ; ''Maar toe Migael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê ; Die Here bestraf jou!''
Gaan in die woord van God met voorbidding om verstaanbaarheid te ontwikkel daaroor.
Dear All
One thing you must remember nothing on this earth more important than your soul. We should all be living examples. All religions have various structures but they all have one common goal. To be with God. In order for us to enter heaven we need to repent, have faith and most of all love.
1 Corinthians 13:4
4 Love is patient, love is kind. It does not envy, it does not boast, it is not proud. 5 It does not dishonor others, it is not self-seeking, it is not easily angered, it keeps no record of wrongs. 6 Love does not delight in evil but rejoices with the truth. 7 It always protects, always trusts, always hopes, always perseveres.
And even if we do all this it does not guarantee that we will enter the kingdom of God but through Jesus his son. Who is one in God and in the Holy Spirit. Jesus showed us the way and by a living example. Lets not mock each others religion and believes but respect. We must love our neighbour as Jesus Loves us. As Jesus Died for Everyone including the gentiles.
The question is how do we Align our Lives to succeed as our sole purpose on earth is to prepare for the return of Christ. We must Pray,Serve, Follow the Gospel of Christ as it is taught and set the standard. The Ten commandments as set out by God through Moses and When Jesus Cam Love God Above all things and don't do to others the wrongs that you don't want to be done to you.
Dear All
I want to share this prayer with you
Dear Heavenly Father on this day we come before Thee and we Praise you and Worship you. You are the almighty God who Created Everything. You are the God of Love who decided even before creating the world that you wanted us to be in fellowship with you in eternity. How can we thank you for these election of Grace, How can we thank you that you Guided the history of mankind and our own history so that we can be a child of God today. How can we thank you for your love, for your guidance for your help. You have abide with us in all our life. We thank you for your thankfulness, we thank you for your love, We thank you that you trust us.
Dear Heavenly Father we come to you with our prayers, with our sorrows, with our concerns and all for sure you know everything but we need to tell you our sorrows, our pain, our problems.
Dear Heavenly Father we need Your Help in our daily life. We need your Grace, We need your Help to our life to prepare ourselves for Your Return. We also pray together for our brothers and sisters and for all those who are in mourning, for those who are suffering, for those who have heavy burdens to carry. Please help them and let them experience how close you are to them. Let them experience the power of your love.
We also pray for those who has lost their faith and no longer trust you and do longer need to talk to you and to listen to you, do not forget them as we do not forget them to. Let them find their way back to your house and the Heavenly Father. We ask it all in Jesus name Amen.
AMEN, let we pray this prayer everyday so that it becomes part of us and settle so deep into our harts that we start living what we declare.
Hoe maklik kry Satan die oorhand daar is drie dinge waaroor jy nie stry en een van hulle is jou geloof of as jy wil jou kerk en jou mede pelgrims reisigers se sieninge tov ons geloof.
Ek is deel van die OAK en mag God gee dat ek niemand veroordeel want met dieselfde oordeel sal ek geoordeel word.
Oms almal dit is nou die op die blog verskil van mekaar en elkeen het sy eie insig en sieninge oor Geloof Kerk en wat ons mag en nie mag doen
My Pa was n Priester in die OAK en ek het die vooreg gehad om latere jare saam met hom te dien as Ptiester my Pa was n wyse man en het geleef vir sy kerk sy God en sy gemeente lede. Hy het my kleintyd geleer toe ek hom vra hoekom is daar verskillende kerke en hoelom glo ons anders as ander mense of hulle anders als ons. My seun het hy gese niemand het al ooit terug gekom uit die dooderyk behalwe Jesus die seun van God en almal verstaan die bybel pp verskillende maniere en daarom glo en handel mense anders.
Dit is soos n koek resep sommige mense lees en verstaan op so manier en ander weer op n ander manier alhoewel die resep baie duidelil is en nog andere sal van die bestandele weg vat en ander sal byvoeg party bak vir n korter tyd want die oond is nie reg ander bak weer langer want die weer is nie reg, en so kom van een resep duisende verskillende koeke of brood.
Nou hoe gemaak om almal dieselfde koek te bak en hier is daar n paar belangrikke stappe wat God self geskryf het.
Jy moet die Here jou God lief he bo alles
Jy moet jou naaste lief he soos jouself
En waar twee of meer in MY NAAM vergader daar is ek.
Dan is dit mos mallik ek het God lief jy het God lief ek het jou lief jy het my lief mou kom ons sit saam en vergader in die na van God die Vader en ons breek die brood sodat ons insigte kan kry im die verborgenhede van God
M.A.W ons mpet in liefde saam sit en gesels en mie kwaad word want die liefde is lankmoedig en nie opgeblase en het nie sy eie eer maar die liefde verdra alles.
Met praat sal ons alles wat hier gevra is verstaan en met praat kan ons alles wat onduidelik is openbaar die een teenoor die ander sonder om mekaar sleg te se.
Want wat is n woordewisseling of wat is kwaad word anders dan dat die een persoon nie die ander persoon verstaan nie.
Ons luister om te antwoord ons luister nie op te klaar.
Kom dan laat ons vergader in God se naam en laat ons die duisternis of die onverstaanbaarheid laat oorgaan in lig
Mike Steyn
0614604740
Julle is welkom om my te skakel em ek sal k kuier ek bring koek saam :)
Dagse geliefde in christus x broer swarts k stem ni sam mt wt op d blog angani hie word getuigenis werk gedun dis mos ni d plek ni ja os wrd daagliks gekrit ma dis deel vn os stryd as hle wil meer weet vani kerk nooi hle kerk 2
Goeie Dag Broer Swarts
Ons se leefwyse moet n getuienis ni net die blog. Die blog is n vorm van kommunikase om by die massa's uit te kom. Wat ek will se is ons leef nie meer in die ou dae ni. Mense het evolve hulle hoe van dinge op hulle eie doen. Ons plaas die woord en ons ondervindinge daar buite en al raak dit net een persoon aan dan is daar vreugde in die hemel. Social media kom by die massas. Ons se werk op aarde is ons voorteberei vir terugkoms van Jesus en die woord te verkondig en die heilige gees doen die res
Denny,
Ekhet toevalig op die blok afgekom en almal se standpunte gelees Ek het n paar vrae wat ek graag aan dieOu Apostolies wil vra
vraag1;julle se julle is die eenigste weg tot saligheid verklaar dit vir my maar asb wys uit die bybel daar staan dat net die ou apostel kerk reg is
vraag2; julle se dat julle dieenigste kerk is wat die regte ampte struktuur het wys dit vir my in die nuwe testament want julle leef mos in die nuwe verbond die nuwe testament
vraag3; wanneer het Jesus dan gekom as julle se dat hy reeds met julle is voordat julle my antwoord lees eers my volgende vrae
vraag4;glo julle in die bybel ou en nuwe testament
vraag5glo julle in wat Jesus gese het
vraag6; glo julle in die Apostels wat saam met Jesus gewandel en wat hulle in die bybel verkondig
julle is welkom om my teantwoord deur die blok of persoonlik deur my email by rudkev4@gmail.com ek nooi julle ook uit om vir my te kom kuier en dit aan my teverklaar
baie dankie en groete aan almal
Denny
van af Durban
Beste Dennis. Ek sal ook graag van jou vrae probeer beantwoord as ek kan, maar sal slegs een vraag op n slag kan behandel. Wil net met die eerste skrywe n kort inleiding met blydskap aan u bied. Heel eerstens wil ek noem dat God almal ewe veel lief het en dat Hy almal (wie se naam in die boek van die lewe opgeteken staan en wie die WIL VAN DIE VADER DOEN), in Sy koninkryk verwelkom. Dit is dus nie kennis of geloof wat n mens hemel toe vat nie. maar eerder dit wat n mens in sy leeftyd doen. Werk is belangrik. Die skrifte bevestig dat geloof sonder dade eerder geraas maak wat vergelyk kan word met klinkende metale en luidende simbale. As God nie werkers (engele) op Aarde gehad het nie, sou Sy genade en liefde nie aan die wereld bekend gemaak kon word nie. Die waarheid is dat saligheid verdien word en nie met geskenk pakkies uitgedeel word nie. n Ander waarheid is dat God ongeletterde mense, selfs kinders kies om Sy werke te doen, weens God verkies om self die spreker op die tong van sulks mense te wees en omdat sulke mense kinderlik en gewillig genoeg is om die WIL van die VADER te doen. Ons moet nooit vergeet dat dit die kennis en die mag van die skrifgeleerders was wat Sy Seun Jesus vervolg en gekruisig het nie. God gewaarsku teen skrif. Hy noem dit letter. Hy waarsku dat letter dood maak, maar dat elke woord lewend maak. Wat is woord en wat is letter? Letter word deur die mens geskryf, maar Woord word deur n kragtige tong gespreek. (Laat daar lig wees en daar was lig). Was dit woord of letter? Die Bybel was al n hele paar keer deur die skrifgeleerdes herverwoord (as vertaal genoem) om met groot gevleulde woorde by die wil van die mens aan te pas. Die lewe is n skool en n mens leer om hierdie dinge te kan verstaan synde God en Sy koninkryk ook beter te kan verstaan. Hy seg dan self dat slegs diegene wie van die hemele is weer na die hemele terug kan keer. Huh? Hy seg dan self dat Hy nie met sigbare tekens kom nie, want hulle sal nie seg, kyk hier of kyk daar nie, want die koninkryk van God is binne in hulle. Huh? Mense soek vandag nog (n materiele tasbare plek genaamd hemel) in die ruimte tussen die sterre en planete. Daar is soveel dinge wat nie materieel kan gebeur nie, omdat God is. Dit is voorwaar n voorreg om baie van hierdie dinge vanuit n geestelike oogpunt te kan leer en te mag verstaan, want dit is n groter voorreg en blydskap om die wonders van God met almal te kan deel. Ek gesels graag oor jou vrae op n volgende keer. Vrede en liefde vir julle almal.
As Dennis in Durban woon moet hy daar getuig word. Lede van daardie gemeente moet hom besoek en hom nooi na die kerk toe sodat hy in die waarheid kan kom. Dit is glad nie reg om elkeen per skrywe die Ou Apostoliese kerk se leer te probeer verduidelik nie. Die neem enige vurige nuwe lidmaat ten minste twee jaar om die geestelike weg van ons kerk te verstaan.
Gooie Dag aan almal,
Ek wil net dankie se vir die wat terugekom het na my Andre, ek sien uit daarnaa dat jy my vrae vir my sal antwoord kom ons hou by dit wat jy se dat een vraag op n slag want ek glo dit gaan n bietjie tyd vat. OAK lidmaat ek sien uit dat van julle mense my sal kom sien my email address is op die blok om kontak met my temaak
Groete aan almal
Dennis
Beste OAK Lidmaat. Dit is nogal jammer dat ek met n skuilnaam moet praat, maar ek het u skrywe gelees en wil graag daarop reageer. Ek was bevoorreg om as Apostolie gebore te kon word en om van babbatjie tyd af in die leer te kon opgroei en te kon leer. Ek was selfs bevoorreg om as dienskneg van my Here in die Deaken amp, Sy Gemeente en die Wereld met die Evangelie te kon bedien. Ek was ook bevoorreg om siekes voor my te kon sien gesond word. Ek was bevoorreg om n kind van Hom genoem te kon word. Ek is baie eerlik as ek seg. Die geloof het dieselfde gebly, maar ek kan nie dieselfde seg oor die liefde, die wysheid, die kennis, die gawes en die krag in die Woord nie. Ek het op verskeie geleenthede Apostolies gevind wat hierdie weg tot saligheid nie verstaan nie, omdat hulle self nie met die nodige wysheid, kennis en liefde getuig en oortuig was nie. Ek sal nooit iemand vanuit Durban weg wys, omdat ek in n ander provinsie, dorp of streek woon nie, want Jesus het self geseg dat die kindertjies nie verhinder moet word wat na Hom toe wil kom nie. Ek korrespondeer eerder met daardie persoon wat ver van my af is as wat ek daardie persoon in iemand anders se hande toevertrou wie ek nie ken nie. Onthou. Nie alle Apostolies is werklik Apostolies nie. Vele is geroep, maar weinig sal ingaan. My epos adres is andre680322@gmail.com
Hallo,
Ek kom per toeval op die blog af, of dit n bestuuring is weet ek nie maar ek het nog altyd met n paar vra gesit oor wat ek gehoor het van die ou apostels .As iemand my kan reghelp sal ek dit waardeer. 1) Waar staan in die bybel van 7 hemele--ek lees van 3
2) As die Here weer gekom het hoekom gebruik julle dan nagmaal/avendmaal--ek lees ons moet dit ter gedagtenis neem.
3) Hoekom is daar nie vandag vroue diakens in julle kerk nie------ek sien in Klibbe se tyd het hy vroue diakens gehad wat na weduwees omgesien het. kyk in julle kerk geskiedenis. 4) as al die ander kerke verkeerd is dan was Klibbe nooit n Apostel nie ----want hy is deur die Nuwe Apostolies ( n ander kerk) in die amp gesit. Liefde Groete.
Goeie dag Witvlerk
Ek verduidelik graag my sienswyse ...
Alles wat ek doen, doen ek simbolies om my aan sekere dinge te herhinner sodat en nie daarvan vergeet nie. Die nagmaal in geheel, herhinder my daaraan dat ek my mede broer en suster (met foute en al) moet aanvaar en dat ek hulle skulde moet vergewe soos wat my Vader my sondes vergewe. Daar mag nie twis of kwade gevoelens onder Sy kinders wees nie. Nagmaal gaan grootliks daaroor om mekaar te vergewe. Die broodjie herhinner my daaraand dat ek deelagtig aan die liggaam van Christus geword het en dat ek die vleeslike gedagtes en werke van my eie menslikheid moes afsterwe sodat ek brood (geestelike voedsel) vir die wereld kon word, want die liggaam van Christus is Sy gemeente en dit is in daardie liggaam waar sy gees woon. Die bloed herhinner my daaraan dat ek myself diensbaar moet stel deur my eie liggaam op te offer om Sy woord te gaan verkondig. Opoffering. Ek stort nie meer Christus se bloed nie, maar stort nou my eie deur vir Hom te werk.
Beste groete
Goeie More Andre,
Ek is bly jy antwoord terug, Die rede hoekom julle nagmaal gebruik, is julle rede. In die bybel se Jesus hulle moet aan hom dink (nie iemand anders nie) Geen mens kan Jesus se bloed stort nie. Jy kan nie eens my bloed of enige iemand anders sn stort nie.Ons Here het letterlik bloed gestort. Maar die feit dat julle nagmaal gebruik wys dat die Here nog nie gekom het nie
Lees---- 1 Kor 26 lees 24-27 "Want so dikwels as julle hierdie brood eet en die beker drink verkondig julle die dood van die Here TODAT HY KOM "
Ek groet u Witvlerke
Die sewe hemele van die Ou Apostoliese Kerk is
i) Suster
ii) Broer
iii)Onder Diaken
iv) Priester
v) Oudste
vi Viervoud amp ( Opsiener ( herder en leraar ), profeet en evangelis )
vii)Apostel
Ons gaan in hemele soos die rangorde hierbo wys.
Jesus het nie opgevaar in 'n hemel in nie, maar is deur God se regterhand opgehef tot op die hoogte van die mens se hart van verstand. ( Die brein )
Jesus het reeds gekom vir die wat Hom aangeneem het. Luk 17:20-21
Soos Luk ( Jesus aan die Fariseers ) vertel in vers 20 ( ''die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie" ) en vers 21 dat ''die koninkryk reeds binne-in die mens is". Jesus sal nie op 'n wolk uit die uitspansel neerdaal of verskyn nie maar sal verskyn op/in 'n wolk van getuies soos Heb 12:1 sê "terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het".
Die vrou in die liggaam van Christus staan haar man by as suster en huispriesteres. Die bybel sê dat die vroue moet swyg in die kerk 1 Kor 14:34 Sy sal kinders baar en hulle grootmaak en haar aan haar man en gemeente wy.
Klibbe, onder andere, het ook 'n lang baard gehad. Iets wat ons nie hedendaags goedkeur in ons orde nie. Netjiese kort versorgde baarde, ja.
Ek benadruk weereens wat ek in my vorige kommentaar onder die naam "OAK lidmaat" gesê het :
Hierdie blog is 'n bree raamwerk van die Ou Apostoliese Kerk. Indien enige persoon belangstel om meer te weet, laat hy na sy/haar gemeente van die OAK gaan naby hulle. Geen lidmaat of ander persoon kan die leer van die OAK op hierdie blog weergee nie. Ek kan altyd ons kerk se huisreels en die kategismes en sondagskool leerplan hier publiseer. Ek glo dit sal geriefliker wees om dit by die kerk self te sien.
Dit is ook moeilik om die geestelike aspek van die kerk aan iemand te verduidelik. Dit kan net ervaar word indien 'n persoon getuig word deur lede en ampte en die Heilige Gees self in daardie persoon werk en verstaanbaarheid kweek.
My Vriend ,
Leon, Ek is jammer om jou reg te help. Niks van die goed wat jy se aangaande die hemel is korek nie .Lees jou eie geloofs beleidenis dan sal jy sien julle geloof se dat Jesus in die hemel opgevaar het. Die klomp hemele waarvan jy praat moet elkeen dan sy eie God he ofhoe. Gee my asb skrif verwysings om te staaf aangaande die verskillende hemele. Die feit dat Klibbe vroue diakens gehad het of soos julle se "gawes" en daar nou nie meer is nie het niks met Klibbe se baard te doen nie. Vergewe my omdat ek jou graag wil reghelp.My vriend ek hoop ek mag jou so noem. Jy sien nie een van jou geloof se mense of amptes kan my wys in die skrifte van die 7 hemele nie Want daar bestaan nie so iets nie.Enige mens kan glo wat hy wil maar om te se julle geloof is die enigste wat reg is --en dan glo julle goed wat nie in die bybel staan nie, Ek weet nie so mooi nie. Liefde groete Witvlerke
Geliefde Wit vlerk
Ons kan als bewys waarin ons glo deur die skrifte, as ek U mag vra volgens U KENNIS waar is hierdie Hemele waarheen Jesus op gevaar het?
Die verstaanbaarheid ( lig wat God geskep het in Gen 1:3 ) rondom die "regterhand" van God kan in Hand 2:33-34 gesien word. Paulus self sê in 2 Kor 12:2 dat hy in die derde hemel geruk is. Net hy sal weet wie sy derde hemel is. Ook word daar wyd bespiegel oor wat die doring in sy vlees was. Die doring in sy vlees was die klein-asië waar sy bediening begin het. Daar het hy geweldige teenstand gekry.
Lees ook 1 Kor 2:13-15. Oor die natuurlike mens en die geestelike mens.
Goei middag Gert,
Dis baie gaaf van u om ook te wil help Soos u gese het julle kan dit staaf .Wys my in die bybel waar dit staan van die 7 hemele.Gee vir my n teks of meer as u het. Ek het mos eerstens gevra so antwoord my dan antwoord ek u .
Groete Witvlerke
Gaan gerus na WIKIPEDIA en lees meer oor die Ou Apostoliese kerk se geskiedenis, hierdie is n baie verkorte weergawe weens die beperkte woorde wat toegelaat word.
Dit is redelik akuraat en bevestig wat ek geleer het as kind aan my Moeder se skoot oor die kerk.
Ou Apostoliese Kerk
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kerk Swellendam
Die Ou Apostoliese Kerk is 'n Christelike gemeenskap wat ontstaan het uit die Albury-beweging, wat in 1832 gelei het tot die ontstaan van die Katoliek Apostoliese Kerk,[1] en later die Nuwe Apostoliese Kerk.[2] Die Ou Apostoliese Kerk is deel van 'n groep kerke wat as Irvingisme bekendstaan en glad nie deel van die Protestante kerke nie.
Carl George Klibbe het die Nuwe Apostoliese Kerk in die 1889 in Suid-Afrika gevestig. Aanvanklik het hy gesukkel om 'n gemeente in Bellville en Worcester te vestig, maar was meer suksesvol in Southernwood, Oos-Londen, waar die eerste gemeente tot stand gekom het.
In 1892 is Klibbe deur H.F. Niemeyer in Australië verorden as die eerste apostel vir Afrika. Die eerste verseëlingsdiens het op 10 April 1904 in Woodstock plaasgevind.
Klibbe het hom van 1908 af meer van die Kerk in Duitsland vervreem en in 1913 is hy van sy amp onthef deur die hoofapostel Hermann Niehaus. Wilhelm Schlaphoff is in sy plek as apostel aangestel. 'n Skeuring het in die Suid-Afrikaanse tak van die kerk ontstaan met die Duitse tak. Hierdie skeuring het tot verwarring gelei en gevolglik is daar twee groepe in Suid-Afrika, wat bekend staan as die Nuwe Apostoliese Kerk. Die een groep is onafhanklik van die Duitse kerk onder leiding van Klibbe en die ander groep, wat nog steeds deel is van die Duitse kerk onder leiding van Apostel Schlaphoff is.
In 1915 het die Suid-Afrikaanse tak onafhanklikheid van die Duitse kerk verklaar.
In 1926 in 'n ooreenkoms met die volgelinge van Schlaphoff het Klibbe besluit om die naam "Ou Apostoliese Kerk" aan te neem.[3][4]
Klibbe het in Mei 1931 gesterf en is deur Apostels E.F.W. Ninow, C.F.W. Ninow en W. Campbell opgevolg, wat hy voor sy dood aangewys as sy opvolgers het.
Leon,
As jy die skepping glo hoef jy nie te raai nie ,Paulus praat van 3rd hemel EK glo dit ook Nou wie volgens jou gaan na daai hemel toe vroue, mans. kinders amptes.of mag ek jou weer reghelp
Net siele gaan hemel toe En julle glo mos siele is vrouens of hoe .Nou waar kom jou 7 hemele vandaan EK vra weer waar in die skrif staan van 7 hemele Ek soek n teks
Witvlerke
Die skakel na WIKIPEDIA vir meer inligting omtrent die ontstaan en uitbreiding van die OU Apostoliese Kerk asook baie inligting omtrent die Kerk sy mense en hulle geloof en die wyse waarop hulle dit uitleef asook hoekom.
https://af.wikipedia.org/wiki/Ou_Apostoliese_Kerk
Ek het ook soos die wêreld geglo tot 7 Januarie 2015. Na 50 jaar in die NG kerk en 7 jaar in Hatfield Christian Church. Ek het net soos u geredeneer witvlerk. Daarom, omdat ek so 'n fenominale passie vir God het, het hy my neergesit op 'n pkek waar ek gedink het dat ek nie eens begrawe wou word nie. Maar sien, dit is die vlees. God weet wat Hy doen en hoekom en is nooit verkeerd nie. Ek self ken die skrif ( die skrif is nie die wootd van God nie en daardie letter maak dood. Net die Gees maak lewendig ) en daar was verskeie kerke en instellings wat my wou "ordain" en ek het soos menigte kerkleiers en geroepenis gedink dat my roeping ' n verkondiger van die evangelie van God moet wees. Selfs in Afrika gaan sendingwerk doen. Maar helaaa, dít was nie die wil van God nie. Ek het met moeite en inspanning hierdie pad begin loop. Meoilike pad wat verg om sewe dae 'n week op jou plek in die liggaam van Christus te wees. Om 'n getuie te wees vir Sy koninktyk. Dat my liggaam gesond moet wees om my siel na die pkek van rus te neem. En ek sal dit nie anders wil hê as wat dit nou is nie. Sewe dae 'n week. HAND 2:42 "In die leer van die apostel, breking van brood, gemeenskap en gebed"
Vur my jis dit goed en ek is geseend, gesond en baie aktief in die liggaam van Christus. Lees en ervaar my bybel elke dag en indien ek iets wil weet, gaan ek na die internet om antwoorde te vind.
Niemaand kan my van die liefde van God skei nie en niemand sal my weer mislei soos ek in 57 jaar mislei was nie.
Mike ,
Baie dankie vir dit Soos jy se dit is n baie kort weergawe.Vind uit wie die eerste amte was nie net apostels nie Dan sal julle sien dat daar vroue diakens was wat siek vroue en weduwees gaan help het in die dag terwyl mans gewerk het.Daai tyd het vroue nie uit gewerk nie.En sondae het hulle agter die priesters se vroue gesit in die kerk
Jou kerk geskiedenis is intresant net soos die geskiedenis van elke ander kerk wat van daai tyd afkom
Groete witvlerke
Geloofsbelydenis van die OU Apostolies Kerk
Ons Glo
In een God, die Almagtige Vader, die Skepper van die hemel en die aarde en alle dinge sienlik en onsienlik, en in een Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, gebore uit die Vader van ewigheid af. God uit God, en Lig uit Lig, waaragtig God en waaragtig mens, verwek deur die Heilige Gees en gebore uit die maagd Maria, wat gely het, gekruisig is, gesterf het, neergedaal het na die hel, en op die derde dag opgestaan het, wat in die hemel opgevaar het en aan die regterhand van God die Vader sit, vanwaar Hy weer kom in heerlikheid, om die lewende en die dood te oordeel, en aan wie se koninkryk daar geen einde sal wees nie, en in die Heilige Gees wat deur die Profete spreek, waardeur ons die beeltnis van die Vader dra, en wat in ons woon en ons leer en lei in alle waarheid, en dat Hy een enige Here is.
Ons Glo
In Sy heilige Apostoliese Kerk, die gemeenskap van die heiliges en die Apostel tot ons gestuur as die gesalfde van Jesus Christus.
Ons Glo
In die bediening van die drie heilige sakramente, naamlik die Heilige Doop met water tot bekering in die Naam van Jesus Christus, die Heilige Avondmaal, waardeur ons vergifnis van sonde deur die bloed van Jesus Christus ontvang, en in die Heilige Verseëling, deur die handoplegging van 'n Apostel van Jesus Christus, waardeur ons die Heilige Gees ontvang, en in die beginning van die drie heilige sakramente, aan die siele in die doderyk deur middel van die lewende vir die dode.
Ons Glo
In die heilige skrifte, die Ou en Nuwe Testament, en in die vervulling van al die beloftes daarin vervat.
Ons Glo
Ons siele word in die liggaam van Jesus Christus gereinig en beklee met geregtigheid as lede van die sielebruid, sodat ons as kinders van God, Hom bo alles moet liefhe, en in onderdanigheid moet dien, die broederskap moet eer, en ons naaste moet liefhe soos ons self; sodat ons ter wille van die Here, ons moet onderwerp aan die owerhede, en magte wat oor ons gestel is, en dat ons alle verordeninge moet gehoorsaam, asook die wettige heersers van die land, waarin ons woon moet erken en respekteer, al gaan dit met benoudheid gepaard. Amen
Leon,
My vriend ek kan lees en ek was op skool ek kan die bybel lees OP die oomblik stel ek nie belang hoe jy die bybel intrepeteer nie.
Ek wag vir die teks wat se daar is 7 hemele in die bybel. Ek weet wat in die bybel staan daarom help ek jou. Waar staan dit van 7 hemele
Dankie.
Mike,
Baie dankie So daar staan hy het in die hemel opgevaar. En dan staan daar vanwaar hy weer kom in heerlikheid om te oordeel.
My vraag : waneer het hy gekom? volgens jou geloof
witvlerke
Daarom volstaan ek by my punt. Lees ook Judas vs 10.
Gaan na die punt waar die geestelike verstaanbaarheid gekweek word.
Leon,
My vriend of jy nou geestelik, natuurlik ,figuurlik, letterik die teks lees daar staan niks van 7 hemele nie.
Hoekom verkondig julle en glo julle iets wat nie in die bybel is nie .As jy mos nie vir my of al God se kinders dit kan wys uit die skrif nie dan is dit mos vals of hoe se ek.
Ek is baie jammer om jou teleur te stel maar die storie van 7 hemele bestaan nie.Miskien in jou kerk maar nie in en volgens die bybel nie. (sonder die Bybel kan nie een kerk bestaan nie)
Aan Almal
Hoekom se julle dat die woord waarvan geskrywe is in Joh 1v1 God is .Johannes praat van Jesus in die vers.
witvlerke
Aan Witvlerk,
Lees die volgende behoorlik dit is uit die 1933-1953 Vertaling
Die vleeswording van die Woord.
1 IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
2Hy was in die begin by God.
3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.
Groete Mike
Hi Witvlerk,
Sal jy omgee om n paar vrae vir my te antwoord?
1) Wie se Jy is God?
2) Wat is die Kerk?
3) Hoe moet ons God aanbid?
Groete Mike
Hello Mike,
Ja met graagte
1)God, die Almagtige Vader, die Skepper van die hemel en die aarde en alle dinge sienlik en onsienlik
2) God is gees
3) God is liefde
Die Kerk ---Antwoord: Baie mense dink die kerk is ‘n gebou. Hierdie denke is nie Bybels nie en is ‘n misverstand. Die woord “kerk” kom van die Grikse woord ekklesia wat gedefineer word as “’n bymekaar kom” of “die wat geroep is”. Die basiese betekenis van “kerk” is dus nie ‘n gebou nie, maar wel mense. Dit is ironies dat wanneer jy mense vra aan watter kerk hulle behoort dan antwoord hulle met ‘n verwysing na ‘n gebou. Romeine 16:5 sê, “Groete ook aan die gemeente wat in hul huis bymekaarkom” – duidelik nie ‘n gebou nie maar wel mense.
Die kerk is die liggaam van Christus en Hy is die hoof. Effesiërs 1:22-23 sê, “God het alle dinge onder Sy beheer gestel en Hom ook as Hoof van alles aan die kerk gegee. Die kerk is Sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in elke opsig met sy teenwoordigheid vul”. Die liggaam van Christus is al die gelowiges in Jesus Christus vanaf die Pinksterdag (Handelinge 2) todat Jesus terugkeer. Die liggaam van Christus bestaan uit twee aspekte: -
1) Die universele kerk wat bestaan uit almal wat in ‘n persoonlike vehouding met Jesus Chrsitus staan. “Maar ons is almal deur die een Gees gedoop in Christus se liggaam. En ons is almal van die een Gees deurdrenk” (1 Korintiërs 12:13). Die vers vertel ons dat enigiemand wat glo is deel van die liggaam van Christus en het die Gees van Christus as getuie. Die univesele kerk van God is almal wat alreeds gered is deur geloof in Jesus Christus.
2) Die lokale of plaaslike kerk word in Galasiërs 1:1-2 as volg beskryf, “Paulus, ‘n apostel wat nie deur mense aangestel of gestuur is nie, maar deur Jesus Christus en deur God die Vader – Hy wat Jesus Christus uit die dood opgewek het. Ek en al die broers en susters hier saam met my sê vir die gemeentes in Galasië”. Hier sien ons dat in die provinsie van Galasië was daar baie kerke – wat ons lokale kerke noem. Die Babtiste kerk, AGS, Katolieke kerk ... ens. is nie die kerk soos in die universele kerk nie maar is lokale kerke, ‘n lokale liggaam van gelowiges. Die universele kerk bestaan uit die wat aan Chrsitus behoort en wat op Hom vetrou het vir hul redding. Die lidmate van die universele kerk moet gemeenskap en stigting of opbouing soek in die lokale of plaaslike kerk.
Opsommend gewys, die kerk is nie ‘n gebou of ‘n denominasie nie. Volgens die Bybel is die kerk die liggaam van Christus – almal wat hul geloof op Jesus Christus geplaas het vir hul redding en saligmaking. (Johannes 3:16; 1 Korintiërs 12:13). Plaaslike kerke is die vergader plek van lidmate van die universele kerk. Die plaaslike kerk is waar lidmate van die universele kerk ten volle die “liggaam” beginsels soos in 1 Korintiërs 12 kan uitlewe – aanmoediging, onderrig en opbouing van mekaar deur die kennis en genade van Jesus Christus.
Vraag 3---- Joh 4v 24 in gees en waarheid
Dankie dat jy gevra het As jy verskil help my reg dan is dit weer my beurt om te vra
Groete
Mike ,
Ek sien Jy haal Johannes 1v1 aan. ---So jy stem saam dat dit Jesus is
Hi Witvlerk,
As ek Johannes1 v1 lees se dit dat "In die begin was die woord" - "en die woord was by God" - "en die woord was God"
Die derde gedeelte is nie belanriker as die ander twee maar dit se dat die woord God is en nie Jesus maw vir my is die gedeelte oor God en nie Jesus, maar dan weer die twee kan nie werklik geskei word want die Vader is in die seun en die seun in die vader en hulle in ons.
Die wereld in sy geheel die aarde die voels en wilde diere die hemel en alles wat daarmee gepaart gaan het ontstaan deur die woord let wel die woord en die woord was van God dit was by God en die woord was God in hom was lig en lewe vir die mense.
God het die woord gespreek en alles het ontstaan wat ontstaan het, nie Jesus want Jesus was nog nie daar slegs God was daar en soos jy in jou vorige epos baie akuraat en waar uitwys dat ons God in gees en waarheid moet dien want God is gees, en sy gees het oor die waters geswewe voordat enige iets ontstaan het.
n lang relaas maar in kort Joh 1v1 gaan oor God en nie Jesus maar dit is vir my.
Groete Mike
Denny,
Goeie dag aan almal,
Ek Is nou so deurmekaar soos spagetie in my bord met al die verskilende hemele en dat Jesus nooit opgevaar het nie volgens julle. Ek ag Dit my plig as n Chritelike gelowege om julle reg te help. Onthou net ek wil julle of julle kerk naak maak nie of aanvat nie ek wil net graag julle reg help Alles wat ek nou aan julle gaan skryf dink n bietjie logies daar oor moenie net wil verdedig nie. Kom ons kyk eerste na die hemele die bybel beskryf net drie nie sewe nie ons kan gaan lees in GEN1V26, JER4V25,ESEG38V20 HOS2V17 Die eerste hemel Die tweede hemel inEFES6V12 DIE derde hemel 2KOR12V1-4 LUK23V42,43 OPEN2V7 wat ook verwys na die Paradys as julle nteks het waar ditsewe hemele wys sal ek julle glo ek kan nie net op dit gaan wat mens my se nie
Die Wederkoms; My heel eerste vraag wat ek gevra het op die blok was glo julle in Jesus en Sy Apostels wat saam met Jesus gewandel al die dinge gehoor gesien het of glo julle vandag se Apostels wat eers 2017 jaar daar na gekom het wat net dit lees en op hoorse gaan wie glo julle praat die waarheid ek glo Jesus en Sy Apostels kom ons kyk na tekse wat verwys naa die wederkoms so ook die op standing en hemelvaart as julle hierdie teks lees dan gaan ek julle vra wie het julle Jesus of die Heiligegees want volgens die teks kan julle een van die twee he nie alby nie die teks is JOH16V7 daarna kan julle aldie ander tekse lees gaan lees dit ASB en oordink goed daar oor JOH14V3,OPEN22V12,13 MATT24V27,30 1KOR15V23,35-54 1THES4V15,16,17 HEB12V1 FILP3V20 JAK5V7 2PET3V3,8-10
Ek hoop dit sal julle n bietjie laat dink en besef dat daar wel n wederkoms is
Vrae julle Apostels dat hulle vir julle n leering sal bring wat net oor die opstanding hemelvaart en wederkoms gaan want hulle het nog nooit in die OAC dit gebring nie vergeewe my maar iemand is besig om julle die verkeerde evangelie te gee die Apostels van daardie tyd het gese as iemand jou n ander evangelie bring dan hierdie laat hom in vervloeking wees
Groete Dennis
More Mike,
God het nog nooit n mens geword nie, maar Jesus het in vers 14 se dit die woord het vlees geword.
van vers 1-14 is dit duidelik dat van Jesus gepraat word.
In jou geloofs beluidenis staan--- en in een Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, gebore uit die Vader van ewigheid af. God uit God, en Lig uit Lig, waaragtig God en waaragtig mens
En om te staaf dat die woord waarvan gepraat word Jesus is
Lees 1 Joh 5 vers 7 Want daar is drie wat getuig in die hemel
Die Vader Die WOORD en die heilige gees.
So wie is die woord volgens JOU Lees gerus ook openbaring 19 vers 13
witvlerke
Hi Witvlerk,
Die vraag wat jy gevra het was:
Aan Almal
Hoekom se julle dat die woord waarvan geskrywe is in Joh 1v1 God is .Johannes praat van Jesus in die vers.
witvlerke
My antwoord is slegs op die vers Joh 1v1 en in die vers is dit duidelik dat die woord God is.
Groete Mike
Dennis,
Ek het die tekse gelees en dit is baie interesant Dit is die waarheid en jy kan dit staaf volgens die skrifte.
Die mense wat nie glo aan die wederkoms nie, of dot Jesus weer gaan kom nie , verkondig n dwaal leer. Hulle wil hulle regverdig om 1 dink net 1 versie te gebruik en intussen wys die hele skrif hulle weet nie waarvan hulle praat nie.
die mense het nog nie terug gekom om te se hulle 7 hemele bestaan nie volgens die skrifte nie
nou Kruip hulle weg soos Adam toe hy gefouteer het . En hulle kan nie verstaan wat hulle lees nie EK klim van die blog af Dankie aan almal en julle wat nie eers julle eie geloofsbelydenis verstaan nie Witvlerke
Witvlerk
Kan dit dalk wees dat ons n teer punt aangeraak het of is dit dat jy dalk die lig begin sien en bang is dit is dalk nie n trein maar n openbaring?
Vra maar net
Groete Mike
Goeie dag aan almal,
ek het vrae gestel maar geen antwoord daarop gekry nie so het ek ook n stelling gemaak aangaande die hemele en ook die wederkoms op die 31 Jan dit is nou 8 dae later en geen antwoord A.S.B.wanneer julle my antwoord wys dit uit die bybel want dit is die eenigste ware boek en weergawe ek glo ook soos julle in die bybel daarom vra ek dat ons hou by die bybel nie wat mense se nie ek glo ook soos julle dat ons is vandag onder die nuwe verbond wat ook die nuwe testament is en al my vrae gaan oor vandag die kerk vandag ek het ook so julle uit genooi om vir my tekom kuier en die goed vir my te antwoord as iemand vir my wil kom kuier kontak my op my email wat ek ook so gelos het op n vorige blok met my vrae ek hoop van harte dat iemand kom kuier sodat ons kan gesels
Beste groete
Beste Broer Dennis
Tasbare dinge wat met die oog gesien kan word en wat met die hande betas kan word, gaan niemand in die hemel bring nie my broer, want tasbare dinge behoort aan hierdie Aarde en sy verganklikheid. Dit is hoekom God nie tasbaar met die twee hande is of sigbaar met die twee oge is nie, want God behoort nie aan hierdie Aarde se verganklikheid nie. Baie van die kerke se instellings word steeds met fisiese dade ge-illustreer sodat die wie nog geestelik blind en ongelowig is, tot gelowigheid gebring kan word deur dit wat hulle met hul vleeslike oge aanskou. Hoekom? Omdat hulle geestelik blind is en God dus nie in sy medemens kan sien nie. Dit gaan nie oor dit wat n mens in die Bybel lees nie, maar eerder oor hoe, dit wat n mens lees, verstaan word. Die nuwe testament seg dat daar nie meer met water gedoop moet word nie, maar met vuur en waarheid. Nou hoe nou? Laat die kerke dan begin om hul lede se voorkoppe met brandende vakkels te brand. Is jy al in vuur en in waarheid gedoop my broer? Alles in die Bybel kan nie materialisties opgeneem word nie, want alles word nie materialisties bedoel nie.
Groete my broer.
Ek was baie lank laas op hierdie webblad. Onder andere a.g.v. al die vele sirkelredenasies wat plaasvind. Vrae wat deur ouens soos Witvlerke, gevra word, maar nie beantwoord word nie. Stellings, veronderstellings en aannames wat gemaak word, maar nie gerugsteun word nie. Ek vind dit onrusbarend.
Dit is ook nie altyd maklik om sommige van die deelnemers se redenasies logies te volg nie. Ek het, aangesien ek so lank laas op hierdie bladsy was, die kommentare weer deurgelees en kan slegs my kop skud oor van die onsin wat hier onder mekaar opgedis word.
Andre vander Mescht en Mike Steyn kan ek taalkundig goed volg, ongelukkig nie altyd wanneer dit die stawing van stellings kom nie.
Wat vir my uiters interessant is, is die tot dusver klinkklare feit dat nie een OAK-deelnemer tot dusver aan Witvlerke se versoek voldoen het, wil voldoen nie, of dalk nie 'n idee het hoe om dit te doe nie. Sy vraag omtrent die BRON bewysplaas van die sg. SEWE HEMELE. Ek dta ook slegs kennis van drie.
'n Ander probleem wat ek hier ervaar is die klaarblyklik lukrake toepassing van wanneer 'n passasie en wanneer gelees / verklaar / beskou moet word.
Ek het waardering vir hierdie blad, maar wil 'n versoek rig: Wanneer iemand kommentaar wil lewer, sal daardie persoon nie vir 'n paar oomblikke eers stilstaan en goed nadink oor wat hy of sy wil skryf nie? Werklikwaar, heelwat onsinnighede en byna onbegryplike kommentare word ongelukkig hier gedeel.
Nee, ek sal nie van hierdie blad onttrek nie...ek vind dit uiters interessant :)
Jammer,
"'n Ander probleem wat ek hier ervaar is die klaarblyklik lukrake toepassing van wanneer 'n passasie en wanneer gelees / verklaar / beskou moet word."
behoort as volg te lees:
'n Ander probleem wat ek hier ervaar is die klaarblyklik lukrake toepassing van wanneer 'n passasie GEESTELIK en wanneer LETTERLIK gelees / verklaar / beskou moet word.
Hi Arno,
Volgens my kennis is daar nie n skrif gedeelte wat praat van die 7 hemele maar wel die sewe altare en sewe engele.
Daar word wel baie kere verwys na Hemele
JESAJA 1:2 (AFR53)
Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want die Here spreek
HEBREËRS 4:14 (AFR53)
TERWYL ons dan ’n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.
______________________________________
Die Hemele volgens ons Geloof is die hemele waarin elke lid hom/haar bevind.
Jesus Christus het deur hierdie hemele beweeg en sodoende die Hoepriester amp ontvang.
__________________________________________
JOHANNES 18:19 (AFR53)
Die hoëpriester ondervra Jesus toe oor sy dissipels en oor sy leer.
HEBREËRS 5:10 (AFR53)
en is deur God genoem ’n hoëpriester volgens die orde van Melgisédek;
____________________________________________
Hierdie hemele is as volg
Kind
Suster/Broer
Onderdiaken
Priester
Oudste/Geneesheer van Israel
Evangelis/Opsiener/Profeet
Apostel
Hierdie is die 7 hemele wat Jesus deur beweeg het en toe in die hoogste hemel gaan sit het aan die regte hand van God.
Hierdie is n vinnige an baie verkorte verduideliking en mag dalk nie sin maak, hier sal ek aanbeveel dat julle die kerk besoek en met die Onderdiaken gaan gesels om hierdie vir julle meer duidelik te maak.
Groete Mike
Goeie dag aan almal,
Br Andre ek het gelees wat jy se maar ek verstaan nou nog minder oor dit wat jy se jy praat van tasbare dinge en wat die oog kan sien en die hande kan betas. dat julle glad nie daar aan glo nie net Geestelik maar antwoord my gou as julle doop gebruik julle glad nie eenige vorm van water nie water is natuurlik en kan met die oog gesien word en kan met die hande vas gehou word as julle dan ook so die Heilige Nagmaal neem gebruik julle nie n tiepe brookie en n druiwe sap wat dit is ook natuurlik hoe doen julle dit. dan aangaande die doop se jy in die nuwetestamet het hulle wege doen met water wat gebruik julle dan as julle doop aangaande die doop met HeiligeGees en vuur van wie is daar gepraat wie sal dit doen ek het my bybel nader getrek en toe gesien Johannes die doper het van Jesus gepraat wie dit sal doen glad nie van die Apostels nie ek het gekyk of ek iewers n teks kon kry waar die Apostel die HeiligeGees aan die mens gegee het is daar nerens van eenige vuur verwys nie ek kry wel n teks waar hy verwys na dat daar tonge soos vuur op hulle gekom het nou die woord SOOS is n vergelyking wat gebruik word om iets tebeskryf maar as hy die word IS gebuik dan wys dit dat dit so is
Br Mike ek is jammer om jou intelig dat hierdie 7 hemele waar van jy praat is n mens gemaakte teks want nerens ek se weer nerens is daar so n teks nie mits jy vir my daai teks wys dan sal ek en baie ander jou glo waneer jy werwys na Hemele is 3 nie ook meer as een daarom praat hy van hemele en dit kon ek aan julle bewys nou bewys aan my die 7 hemele ek hoop so daar is een van julle Apostel of Opsiener wat hierdie blok volg en julle reghelp of so aan ons daardie teks gee sodat ons dit kan glo
Groete aan almal
Dennis
Hallo, Mike
Baie dankie vir jou reaksie. Ek waardeer die gebaar.
Het ook groot waardering dat jy ruiterlik erken dat, volgens jou kennis, daar nie 'n passasie bestaan wat na sewe hemele verwys nie. Jou kennis strek heeltemal reg - daar bestaan nie so 'n skrifgedeelte nie. Al wat ek kan dink is dat dit 'n afleiding is wat oorspronklik deur een of ander hoogaangeskrewe amp in die OAK, iewers in die verlede gedoen is, hetsy a.g.v. 'n droom, of openbaring, en wat gevolglik as 'n goddelike lering in die OAK onderrig en as kanonieke leer deur alle lidmate aanvaar word. Maar Bybels bestaan daar nie enige grondslag daarvoor nie.
Is ek korrek wanneer ek die afleiding maak dat, wanneer jy na *hemele* verwys, jy dit in 'n *geestelike* sin bedoel en nie na fisiese, stoflike hemelruimtes, nie? Indien jy dit *geestelik* bedoel, op grond waarvan?
Ek merk dat jy Hebre:ers 4:14 aanhaal (o.a. een van my geliefkoosde skrifgedeeltes wanneer dit in konteks saam met verse 15 en 16 gelees word!) Mike, jy s^e: "Die Hemele volgens ons Geloof is die hemele waarin elke lid hom/haar bevind. Jesus Christus het deur hierdie hemele beweeg en sodoende die Hoepriester amp ontvang."
Hieruit lei ek af dat julle die *hemele* waardeur Jesus, die Gesalfde, beweeg het, as geestelik interpreteer? Ook kom ek onder die indruk dat hierdie *hemele* nie 'n Bybellering is nie, maar 'n OAK-lering wat deur 'n hooggeplaaste amp uitgewerk en aan die lidmate geleer is?
Ek sal dit op prys stel indien jy moontlik verder kan uitbrei omtrent die verband wat jy trek tussen Joh. 18:19 en Heb. 5:10. Hoe bring jy hierdie twee tekste by mekaar uit?
Terug na die *sewe hemele* lering. Jy noem hierdie hemele soos volg:
"Kind; Suster/Broer; Onderdiaken; Priester; Oudste/Geneesheer van Israel; Evangelis/Opsiener/Profeet; Apostel. Hierdie is die 7 hemele wat Jesus deur beweeg het en toe in die hoogste hemel gaan sit het aan die regte hand van God."
Enige skrifverwysing dat *kind* en *suster/broer* saam met die ampte getel word? En hoe word hierdie benamings/ampte, met die *hemele* gekoppel?
Ek is bewus dat jy gemeld het dat indien ons wat nie lede van OAK is nie, verder kers kan gaan opsteek by 'n plaaslike OAK-onderdiaken. Ongelukkig is ek nie naby enige onderdiaken nie. Ek sal dit waardeer as een van julle hier op die blog verder kan uitbrei.
Groetnis en beste wense
Goeie more,
Ek moet bieg, ek het nou so lekker gelag toe ek die storie van die hemele lees. Maar dit is ook hartseer om te dink dat in vandag se tyd nog so baie mense om die bos gelei word met stories. Mense in die bybel se Jesus as hy weer kom dan kom vat hy ons saam met hom , om by hom te wees in die hemel waar GOD is. Nou ek wil eerder by hom in die hemel wees as in my eie hemel wat die kerk gee. Julle se mos hy het op gevaar bokant alle hemele. nou wat soek jy in n plek waar hy nie is nie. Ek sien ook groot probleme vir julle apostels. Jesus het aan sy 12 apostels gese hulle sal saam met hom in die hemel op 12 trone sit om die 12 stamme van israel te oordeel. Daar is net 12 trone, so ek weet nie waar gaan hulle sit nie. Nou vra ek graag as n kind van die Here hou op om na stories te luister of te glo wat kerk leiers versprei en LEES die Bybel.Dit is hoekom GOD se kinders verstrooi is omdat hulle stories glo en nie die waarheid wat in die Bybel staan nie. Ek bid vir julle wat die here wil dien en nie mense nie Sowaar
Dennis hier,
Goeie dag aan almal,
Arno, ek dink jy slaan die spyker op sy kop aangaande dit wat hulle verkondig dat een of ander amp iets wou wys en toe aanvaar almal dit so eder as om die skrifte te raad pleeg om tesien of dit so is.Janee. ek wonder ook nou waar gaan hulle Apostels sit as daar net 12 trone is ek sal graag wil hoor hoe verklaar hulle dit. Aan almal wat nie deel van die OAK is nie kom ons gaan op ons knie en bid vir hulle dat hulle nie meer na mens sal luister wat hulle eie goed opmaak en verspry maar eerder na God die Seun en die HeiligeGees sal luister daar is baie leeraars wat die skrifte gebruik en net daar oor gesels kom ons luister eerder vir hulle ek hoop nou nie hulle raak nou stil nie
Groete Dennis
sowaar janee,
Dit is die probleem wat ons tans in die hele wereld ondervind, en miskien was dit ook voorheen die geval.
Jy weet die gelag:
Soos jy se jy het nou so lekker gelag, die mense het vir Jesus ook gelag en Hom gespot, selfs op hom gespoeg hom aan n kruis vasgeslaan terwyl hulle gelag het.
Ek is bly as dit waarin ek glo vir jou amusant is, om te lag is goed.
Die bybel leer ons ondersoek alle dinge en behou die goeie, al onthou ek net jou gelag is dit iets waaroor ek opgewonde kan wees.
Groete Mike.
Mike, Ek sien jy is n groot OAK mens maar ek wil jou net graag reg help Janee het nie vir Jesus of Sy Apostels gelag nie want hy glo in Hulle hy het vir julle gelag wat glad nie Jesus of Sy Apostes is nie net gewone mense soos ons hy het gelag vir dit wat julle kwyt raak wat glad nie die waarheid is nie as julle kan staaf in die skrifte wat julle se sal niemand lag nie nou hoekom ondersoek jy nie hierdie dinge en vergelyk dit met wat ons vir julle proebeer wys uit die skrifte en wat julle ampte se wat glad in die skrifte aangeteken is nie die Apostels van Jesus het gese as iemand n ander evangelie bring laat hom in vervloeking wees en die waare evangelie is wat hulle vir ons in die skrifte opgeteken het nie wat mens vandag opmaak nie ons wil nie julle in vervloeking bring nie maar eeder reg help want elke siel is vir God groot waarde
Dennis
Dennis ek het ook nie gese hy het gelag vir Jesus of sy apostels maar wel vir my en my geloof,
My voorstel aan julle is besoek die kerk praat met die onderdiaken, ondersoek die saak en dan kan julle komentaar lewer.
Ek bid vir jou en vra dat God jou sal seen met n ope en wyse verstand, want wysheid is meer werd as goud en silver.
Groete
mike
Goeie More Almal Ek het nou die gesprek gelees en gevolg, ons is almal van verskillende agtergronde. Ek lees van die sewe hemele ens. Maar lees 1 Corinthians 15 dit is nie wat ek se nie maar Paulus.
Dagse Almal :)
Dis gaaf om te sien hoe die belangstelling sedert onlangs weer in hierdie gespreksgroep/blog opgevlam het.
Slegs een algemene versoek voordat ek by twee pertinente versoeke kom:
Soos tereg genoem is, is ons almal vanuit uiteenlopende agtergronde afkomstig. Des te meer rede om mekaar se standpunte/meedelings te eerbiedig, te respekteer. Dit is nooit mooi om die man te speel nie, maar eerder die bal. En wanneer ons die bal speel, kom ons speel skoon :)
Mike: In 'n vorige skrywe het ek genoem dat ek nie in staat is om by 'n onderdiaken uit te kom nie. Is daar dalk so 'n amp wat 'n lid is van hierdie groep? Indien wel, help asb. met antwoorde op van die vrae. Terloops, waarom maak sommige van julle stellings as julle nie by magte is om julle stellings te rugsteun nie? Jammer, maar ek vind dit frustrerend, om die minste te se...
Charles Lotterie: Jy meld, "Ek het nou die gesprek gelees en gevolg, ons is almal van verskillende agtergronde. Ek lees van die sewe hemele ens. Maar lees 1 Corinthians 15 dit is nie wat ek se nie maar Paulus."
Goed, ek het vir wis en onwis weereens 1 Kor. 15 nagelees. Hoe koppel jy hierdie hoofstuk met die *sewe hemele* vraagstuk? Waarop wil jy ons aandag spesifiek hier vestig? Help asb, maat :)
Ek het baie vrae te stel, wat tot insiggewende gesprek en stigting vir ons almal mag dien wanneer ons dinge onder mekaar ontrafel (Ek dink die OAK-ers onder ons verwys hierna as *broodbreek*?) Ieder geval, ek voel net nie vry om te veel vrae op eens te vra nie. Wil baie graag die hele *sewe hemele* eers vir eens en altyd duidelikheid oor kry.
Enigeen wat wil waag? En as jy nie weet nie, noem dit en gaan steek kers op by JOU onderdiaken en kom gee terugvoer. Jimpels, nie een van ons weet alles nie...veral nie ek nie. Wat ek wel weet is dat ek baie graag agter die kap van die byl wil kom omtrent die hemele-kwessie.
Onthou, as hier 'n *onderdiaken* onder ons spulletjie aanwesig is, stel jouself voor, asb. Charles, maak jouself duidelik, asb. Mike, ek sien steeds uit na jou ophelderings op my vrae.
Alles wat goed en mooi is vir hierdie dag, geliefdes.
Arno
Wat ek will se is ons almal dien een God en in elk van die verskillende gelowe het hulle manier van dien maar alles dit is soon dit in engels se It Is All In Vain. Paul beskryf hoe ons God moet dien. Ek kan nie bevestig daar is 7 Hemele nie want nerens in die bybel staan dit nie. Maar die bybel se wel die volgende.
1“Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My. 2In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. 3En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. All wat belangrik is op die einde is Geskryf in Matt 22 36-40
36 Meester, wat is die groot gebod in die wet?
37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
38 Dit is die eerste en groot gebod.
39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.
Wat ek will se is ons almal dien een God en in elk van die verskillende gelowe het hulle manier van dien maar alles dit is soon dit in engels se It Is All In Vain. Paul beskryf hoe ons God moet dien. Ek kan nie bevestig daar is 7 Hemele nie want nerens in die bybel staan dit nie. Maar die bybel se wel die volgende.
Johannes 14
1"Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My. 2In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle ges� het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. 3En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. 4En julle ken die weg na die plek waarheen Ek gaan."
All wat belangrik is op die einde is Geskryf in Matt 22 36-40
36 Meester, wat is die groot gebod in die wet?
37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
38 Dit is die eerste en groot gebod.
39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.
Charles, baie dankie vir jou spoedige opheldering van wat jy met die "Opstandingshoofstuk" bedoel het. Waardeer baie.
Dankie ook vir die verwysing na "In die huis van my Vader is daar baie wonings..." Ook hierdie passasie hou vir my persoonlik baie besondere betekenis in, die betekenis wat ek in 'n buite-Bybelse manuskrip opgespoor het.
Ook vir die gedeelte van die opsomming van die sg. Wet.
Jy weet, wanneer ek ook al daardie woorde van Jesus van Nasaret lees, soos jy ons nou weer aan herinner, kan ek nie verhelp om aan die volgende te dink nie:
God gee aan Moses 10 gebooie...die Jode dink hulle kan daarop verbeter en las 'n hele spul "oorleweringe van die ou mense" daarby...en die volk TREK SWAAR vir eeue lank...en Jesus kom en maak korte mette met alles en som al die moets en moenies op in slegs TWEE gebooie -- EEN jeens God en EEN jeens ons medemens :)
Nogmaals dankie, Charles
Hallo ek is terug. Ek het "Lunch Time" so nou lees ek gou ook als en ek wil maar net se ek lag vir die stories oor die Hemele----- NIE vir onse Here nie. Dankie Dennis dat jy dit reg gelees het. Aan Charles wil ek se dankie dit is n mooi hoofstuk.As jy die konsep in ag neem waarom Paulus sekere stellings gemaak het is omdat hy met Jode gesels/getuig. En Hulle nie net op daai stadium nie, maar tot vandag verwag dat die Verlosser moet kom.En ons sien dan dat Paulus se Jesus was gebore-gekruisig-opgestaan en opgevaar het.
Nou vra ek ook dat julle Asb. 2 Thessalonicense 2 lees wat Paulus se.
Aan almal Groete tot more
Dennis hier,
Aan almal. ek sien dat daar op die oomblik nie eenheid bereik gaan word aangaande die hemele .want die OAK praat daarvan maar kan dit nie staaf in die skrifte nie .kom ons gaan oor na my volgende vraag wat ek gevra het. Glo die OAK in die wederkoms want ek en baie glo daaraan dat dit eendag gaan plaasvind wanneer weet geen mens nie net God weet as julle wel dit glo verklaar dit aseblief dat ons ook kan sien en verstaan hoe julle dit sien. maar aseblief soos n vorige skrywer gevra het dat ons mekaar moet aanvat nie dit is tog nie die doel waarvoor ons op die blok is nie ons is hier om almal tog aan die einde die selfde tesien en verstaan
groete Dennis
Ek will graag die gesprek verder vat rondom die pad wat ons moet stap en waaksaam moet wees. Ons moet groei in geloof en wandel soos Jesus ons gewys het.
Paulus se in Galatians 5:16-26 die volgende
MAAR ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;
17want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
18Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.
19En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
20afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;
21afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.
22Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
23 Teen sulke dinge is die wet nie.
24Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.
25 As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.
26 Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.
Ons kan dit verder vat om te vra. Wat is liefde? Die beskrywing van liefde word so uitgebeeld in die bybel. Soos God genadig is moet ons ook genadig wees teenoor ons mede mens. m.a.w. Genade is a Act of Love.
1 Korinthiers 13
As ek al die tale van mense en engele praat en ek het nie liefde in my nie, dan sal ek kletterende koper of ’n rasende simbaal word. 2As ek profesieë in my het, al die geheime ken, al die kennis het en as ek al die vertroue in my het sodat ek berge kon verwyder, maar ek het nie liefde in my nie, sal ek niks wees nie. 3As ek alles wat ek het vir die armes gee en as ek my liggaam oorgee om verbrand te word en ek het nie liefde in my nie, dan is dit vir my geen voordeel nie.
4Liefde is geduldig en sag. Liefde is nie jaloers nie. Liefde word nie omvergewerp nie, is nie opgeblase nie, 5doen nie wat skandelik is nie, soek ook nie sy eie belange nie, word ook nie gou opgewerk nie, hou hom ook nie op met die bose nie, 6verheug hom nie in die bose nie, maar verheug hom in die waarheid; 7hou in alles uit, vertrou alles, het ’n versekerde verwagting in alles, verdra alles.
8Liefde faal nooit nie; profesieë sal ophou, tale sal stilgemaak word en kennis sal niks wees nie, 9want ons ken ’n bietjie van baie en ons profeteer ’n bietjie van baie, 10maar as die volmaaktheid gekom het, dan sal wat gedeeltelik is, niks wees nie. 11Toe ek ’n kind was, het ek gepraat soos ’n kind, is gelei soos ’n kind en het gedink soos ’n kind, maar toe ek ’n man geword het, het ek opgehou met hierdie dinge van ’n kind. 12Nou sien ons soos in ’n spieël in vergelykende stories, maar dan van gesig tot gesig. Nou ken ek ’n bietjie van baie, maar dan sal ek ken, net soos ek geken is.1 Thes 1:3 13Van hierdie dinge is daar drie wat voortgaan: vertroue, versekerde verwagting en liefde, maar die grootste hiervan is liefde.
February 14, 2017 at 5:41 AM
Hello Julle,
Lunch is amper klaar, so net een vinnige vraag ____Hoekom Doop die kerk of Julle Kerk
Ek sal vanaand als lees wat Charles geskryf het baie dankie
Wees geseend
Goeie dag aan almal.
Ek het n vraag gevra aangaande die wederkoms en nog nie een het terug gekom om my te antwoord nie hoekom ek die vraag gevra het is dat ek algehoor het dat mense se dat julle glo nie aan die wederkoms nie of dit waar is weet ek nie dis hoekom ek die vraag vra ek hoop daar is iemand in die OAK wat my kan antwoord
Groete Dennis
Hello Dennis
Ek behoort nie aan die OAK nie maar ek het n vriend wat n lid is. Ek het melding gemaak van die terug koms van Jesus en daar was vir my gese Ons gaan lang wag want God is in die lede. Ek will graag ook hulle stand punte he want ek weet wat die bybel se
Jesus state in John 14:2 he is going to prepare a place for us. Jesus also state in John 14:6
5“Lord,” said Thomas, “we do not know where You are going, so how can we know the way?” 6Jesus answered, “I am the way and the truth and the life. No one comes to the Father except through Me. 7If you had known Me, you would know My Father as well. From now on you do know Him and have seen Him.”…
It does not matter if we read the Old or New Testament and Christ is the centre of the Bible
1Pet 3:1- 13 In die nuwe Hemel en Aarde is nie diefstal/moord/afgode/geld/motors ens.nie
So ons wag nog vir dit.Al is dit geestelik ---dit het nog nie gebeur nie .com
This second epistle, beloved, I now write unto you; in both which I stir up your pure minds by way of remembrance:
2 That ye may be mindful of the words which were spoken before by the holy prophets, and of the commandment of us the apostles of the Lord and Saviour:
3 Knowing this first, that there shall come in the last days scoffers, walking after their own lusts,
4 And saying, Where is the promise of his coming? for since the fathers fell asleep, all things continue as they were from the beginning of the creation.
5 For this they willingly are ignorant of, that by the word of God the heavens were of old, and the earth standing out of the water and in the water:
6 Whereby the world that then was, being overflowed with water, perished:
7 But the heavens and the earth, which are now, by the same word are kept in store, reserved unto fire against the day of judgment and perdition of ungodly men.
8 But, beloved, be not ignorant of this one thing, that one day is with the Lord as a thousand years, and a thousand years as one day.
9 The Lord is not slack concerning his promise, as some men count slackness; but is longsuffering to us-ward, not willing that any should perish, but that all should come to repentance.
10 But the day of the Lord will come as a thief in the night; in the which the heavens shall pass away with a great noise, and the elements shall melt with fervent heat, the earth also and the works that are therein shall be burned up.
11 Seeing then that all these things shall be dissolved, what manner of persons ought ye to be in all holy conversation and godliness,
12 Looking for and hasting unto the coming of the day of God, wherein the heavens being on fire shall be dissolved, and the elements shall melt with fervent heat?
13 Nevertheless we, according to his promise, look for new heavens and a new earth, wherein dwelleth righteousness.
14 Wherefore, beloved, seeing that ye look for such things, be diligent that ye may be found of him in peace, without spot, and blameless.
Groete tot More (God willing)
Daar word nêrens in die Bybel gepraat van 7 hemele nie. Die Bybel noem wel ‘n derde hemel (2 Kor 12:2). Toe ek nog ‘n aktiewe lid in die OAK was het ek ook geglo dat die verskillende “gawes” soos “broer/suster” tot en met “apostel” die 7 “hemele” is. Vandat ek egter die hele Bybel gelees het, het ek tot ander insigte gekom en is ek nie meer ‘n lid van die OAK nie. Ek dank Jesus dat Hy my gered het deur Sy bloed, Jesus is die enigste Messias.
Goeie dag aan almal,
Baie dankie aan almal wat gereageer het ek waardeer dit maar ek wil van die OAK lidmaate hoor wat se hulle en hoekom se hulle so daar moet tog n rede wees hoekom hulle so se en glo ek het so 59 tekse gevind in die nuwe testament wat praat van die wederkoms maar daar is mense wat hoog geleer is in die skrifte wat vir my se daar is meer as n 100 tekse aangeteken in die bybel wat my grootste komer is dat die goed gelowige OAK lede eendag as hulle aan die anderkant kom n baie groot terleur gaan wees as hulle uitvind dat hulle nog nie in die hemel is nie soos wat dit aan hulle vertel is maar dat hulle ook maar moet wag soos ons tot die koms van ons Here Jesus sodat hy ons almal saam kan neem ek vra groot ASB gaan lees julle bybel aangaande die wederkoms en dink erenstig daar oor en begin praat oor dit sodat daar nie n terleusteling eendag sal wees nie
Groet Dennis
Goeie More Dennis
Ek wil jou n storie vertel,jy mag maar lag as jy wil. Die rede hoekom die oac se die Here het klaar gekom is,
hulle storie dat hulle die Here is gaan mos nie klop nie. En dat die een bo jou God is. So jy sien Hulle gaan altyd teen die Bybel stry
En hoe doen hulle dit?, deur te se wat daar geskrywe staan beteken iets anders. Jy sien tot in vandag se lewe kry jy mense
wat nie die waarheid glo nie,maar eerder na stories luister wat mooi klink. Nou ek het ondervinding van waar mense in n
Godelike gesprek die woord "VERBORGE" gebruik as hulle nie die antwoord het nie. Die oac het weer n woord wat hulle "TEGNIES" noem( Moet nie tegnies word nie )
as hulle nie die antwoord het nie. Nou wonder ek hoekom sal Paulus briewe aan die gemeentes skrywe en hulle moet dit nie lees soos geskrywe nie
want dit beteken iets anders. So die hele Bybel beteken iets anders volgens hulle. Ek kom agter hulle verstaan 2 Kor3 v 6 glad nie. Die hele hoofstuk praat
oor Die wette of te wel Moses soos die ou testament genoem was en van Jesus . Terwyl 2 Kor 3 v 17 gee die antwoord op vers 6. Dit lyk vir my die oac lees net een versie uit n hoofstuk en dan wil hulle n hele geloof struktuur daar op bou .
Hulle glo volgens vers 6 jy moet die bybel vergeestelik sonder om die hoofstuk te lees wat vir jou wys waar oor dit gaan.
Nou wonder ek maar hoekom sien hulle EF.4 wat praat van die Gawes-Apostels Profete ens. natuurlik en nie geestelik nie
N vrou se hoof moet bedek wees-Dit sien hulle ook natuurlik. Geld gee "Tiendes" sien hulle ook natuurlik. Die Apostels wat die oplegging van hande toepas sien hulle ook natuurlik.
waar daar van doop gepraat word ,doen hulle natuurlik. Dis een van die kop krappers hulle se doop is geestelik maar hulle doen dit natuurlik. nog n kopkraper nagmaal beteken geestelik maar hulle doen dit natuurlik.(brood en wyn/druiwesap)
Wat ek agter gekom het is wat hulle pas vegeestelik hulle , en waar uit hulle voordeel gaan trek hou hulle natuurlik.
Hulle verwys na talle tekse wat praat oor Jesus wat gekom het. En al die verse gaan oor die eerste koms van Jesus jy weet van geboorte se koms. So hulle het nog nie tot die besef gekom dat daar n 2de koms oppad is nie.
Sterkte.
GOD SPEED
Dennis,
Dit is weer lunchtime, en ek het vergeet om vanoggend vir jou die storie te vertel wat glad nie sin maak nie. As ons soos die oac se die Bruid/siele bruid is, vir wie wag ons dan as niemand gaan kom nie. My vraag is vir wie is ons dan die bruid? As jy in die kerk is , is jy die liggaam van Jesus of is jy deel van die Bruid. Sien as n mens dit verstaan sal jy mos glo dat die Here weer gaan kom om sy bruid wat die kerk is (die kerk) soos witvlerk dit beskryf te kom haal. Want die Kerk/Bruid is die liggaam van Jesus .Adam het gese EVA is" been van my gebeente en vlees van my vlees" met ander woorde sy liggaam.Maar dit maak nie vir eva Adam nie Soos die kerk Jesus se liggaam is maak dit nie die kerk die Here nie.Die kerk bly sy bruid.
Omdat die oac dit nie verstaan nie dink hulle , hulle is die Here en daarom kom daar niemand vir hulle meer nie. Kom ons Bid vir hulle dat hulle die lig sal sien.
God Speed.
Goeie dag aan almal.
Ek het gelees wat almal se maar wat vir my snaaks is dat daar nie een OAK lidmaat is wat my antwoorde gegee het op my vrae nie hulle behoort tog die antwoorde teken want dis van hulle kerk waar oor ek vrae vra ek wag nou nog steeds dat iemand my sal kontak sodat ons kan gesels ek gaan weer my email address gee hier is twee adrese rudkev4@gmail.com clerdendc@gmail.com ek hoop van harte dat daar iemand my sal kontak
Groete Dennis.
Goeie dag aan almal.
waarom is almal so stil
Groete Dennis
Baie goeie vraag. Dit laat mens wonder oor hulle geloof of dit wel so sterk is moet hulle dit mos aan die ganse wereld gaan verkondig.
As die Ou Apostolies wat intekenaars van hierdie blog is, by magte is om vrae te beantwoord, dink ek sou hulle meer sigbaar wees. Ek dink egter dat hulle nie heeltemal onderle/opgewasse is in hul eie geloofsoortuigings om vrae van andersdenkendes te beantwoord nie.
Ons behoort ook in gedagte te hou dat hulle kennis van die Skrif slegs so ver strek as wat vir hulle deur hulle ampte "oopgemaak" word. Self mag die gewone lidmaat nie eie gevolgtrekkings maak nie.
Ek dink die probleem le by die streng rangorde van ampte wat hulle moet volg om antwoorde op ons vrae te bekom. Ek sou nooit kon gedy in so 'n beheersugtige organisasie nie - is te vrydenkend en vryheidliewend van geaardheid om in so 'n eng genootskap lid te wees. Ek sou geestelik versmoor en nooit kon groei nie.
Wat my besonder laat kopkrap is dat die gewone lede alles vir soetkoek opeet wat vir hulle opgedis word. Niemand van hulle, dink ek, kan rondborstig se dat hulle vir hulleself krities mag dink nie - slegs wat die Apostel van bo-af, deur die viervoud amp, dan die oudste, dan die priester en les-bes die onderdiaken, vir hulle deurgee.
Ek sal nooit my persoonlike en geestelike vryheid kan abdikeer aan enige ander mens nie, ongeag hoe vroom so 'n persoon mag voorkom...
Hi Arno,
Jy klink vir my soos die engelse se "constipated"
constipated/Submit adjective
"he's one of those emotionally constipated, stiff-upper-lip types"
Ongeag wat ek as lidmaat aan die ligaam van Jesus Christus vir jou gaan se en verduidelik, sal jy altyd omdraai en die woorde so gebruik om jou te pas.
Sonder om verdere doekies om te draai, se ek vir jou dat in die wereld is daar nie n beter godsdiens onderig as die OAK daar is nie n kerk wat meer liefde en verdraagsaamheid betoon teenoor lidmate, daar is nie nog n kerk waar die lede en amptes wat nie betaal word meer sal doen vir ander as die OAK
ek nooi jou uit kom stel ondersoek in, en kyk of die skille ook van jou oe sal afval sodat jy ook kan sien in die heerlikheid van GOD, en dat jy ook nou in die Hemele sal wees en die wereld en sy gewoel sal agterlaat.
Jy kan my en my kerk nie sommer net so oordeel sonder dat jy n myl of twee of drie saam met my gestap het in die heerlikheid van God.
Kom dat die amptes vir jou iets kan gee vir jou "constipation" sodat jy weer kan lag en vrolik kan wees.
Seenwense en Groete
Broer Steyn
Hallo Mike,
Ek stem saam dat oak lidmate oulike mense is, ek het baie goeie vriende daar gemaak. Maar om eerlik te wees, die oak is nie die enigste godsdiens met liefde en verdraagsaamheid teenoor mekaar nie. Kultes werk ook so. Charles Manson en sy ‘familie’ kon dieselfde ding as jy gesê het. Selfs groepe wat nie godsdienstig is nie, kan meer toewyding, liefde en verdraagsaamheid teenoor mekaar betoon as ander godsdienstige groepe. Dink maar aan motorfiets bendes en geheimsinnige organisasies ens. Amptes het nie veel finansiële dryfkrag nodig as hulle deur ‘vervloeking’ gedreig word nie. As jy nie ‘op jou plek’ is nie, dan word jy verwens. Sodra jou kar breek of siek word of enigiets in jou lewe bietjie skeefloop, dan is dit omdat jy nie ‘op jou plek’ was nie.
Enige organisasie wat daarop aanspraak maak dat hulle die Bybel as grondslag vir hulle leer gebruik, en van Bybelse waarhede en beginsels afwyk, verkondig ‘n dwaalleer. Ongelukkig is die oak ook skuldig daaraan. Lidmate vermy gewoonlik vrae oor die Skrif en preek eerder oor die oak as oor Jesus.
Seënwense
Gewese oak
Hello Almal
Mnr OAC jy slaan die spyker op sy kop. Die kerk, die gebou is nie belangrik nie. maar ons verhouding met God.
Goeie Naand Almal,
Ek lees weer net om te kyk wat gevra of verduidelik word. Dennis ek sien jy is nog nie geantwoord nie. Ex OAC ek is bly om te sien jou ooge het oopgegaan--prys die Here. Arno baie mooi . Ek wil graag vir Mike vra hoe verstaan hy die wat apostle Paulus skryf . Ek verstaan julle apostels lewe in weelde, van die geld wat die armes gee (tiendes) Lees 1Cor:4 v 9-12 Onthou Paulus praat nie van die gemeente hier nie ."For I think that God hath set forth us the apostles last, as it were appointed to death: for we are made a spectacle unto the world, and to angels, and to men.
10 We are fools for Christ's sake, but ye are wise in Christ; we are weak, but ye are strong; ye are honourable, but we are despised.
11 Even unto this present hour we both hunger, and thirst, and are naked, and are buffeted, and have no certain dwellingplace;
12 And labour, working with our own hands: being reviled, we bless; being persecuted, we suffer" Dit Klink nie soos julle apostels nie
Groete.
Ek kyk nou terug op die weird vrae wat ek gevra het maar is al amper n jaar terug gestuur en geen antwoord. Ek het gevra want ek het n paar interesante kliente en ek luister maar waaroor almal gesels en ek ken net NG en AGS dan het ek naevorsing gedoen omtrent die wat julle ken as die Jehova's. Is dit moontlik om vir my min of meer te antwoord op my vrae asb? Ek debat nie, dis bloot vir myself wat ek die naevorsing doen
Dankie
Hallo Natasha, ek het u vraag gaan soek. Ek was ‘n lid van die oak gewees, ek het in die oak grootgeword. Ek weet watse antwoord ek sou gegee het toe ek nog ‘n lid van die oak was. Aangesien die vraag al amper ‘n jaar terug gevra is en nog geen aktiewe oak lid die moed gehad het om op die vraag te reaggeer nie, sal ek maar, vanuit ‘n oak oogpunt.
Kategismus vraag 17, wat is hemel?
Kategismus antwoord: Dit is ‘n toestand van sielerus, saligheid en vrede wat ons sal smaak as ons onsself verneder en in die huis van die Vader klein word soos kindertjies. So ‘n kind is ‘n engel in die hemel, en aanskou elke dag die aangesig van die Vader wat in die hemele is. (verwys Mat. 18:10)
Hierdie antwoord is tipies van hoe een versie ‘n hele leerstelling word en heeltemal buite konteks verstaan word. Die versie praat van die kleintjies se engele wat in die hemele is.
Mat 18:10 Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van my Vader wat in die hemele is.
Rakende die konsep van hel, die oak verstaan dit as volg: As iemand elke dag in die kroeg gaan sit en suip en dis hulle gewoonte, dan gaan hulle siel dieselfde gewoontes wil volg wanneer hulle “uit die vleis uit gaan” (sterf). Dan gaan dit vir daai siel hel wees want hulle sal smag na drank maar hulle sal dit nie meer kan doen nie, en dus nie meer geniet nie. Dan dwaal hulle volgens die oak soos verlore siele rond en kry dan ‘n kans by ‘n versegelingsdiens so een keer ‘n jaar as hulle nou die “lig” gesien het.
Daar is natuurlik geen Skrif om hierdie argument te staaf nie.
Hi Natasha.
Ek glo nie jy gaan antwoorde kry nie ek wag nog steeds vir myne dit lyk vir my die oomblik as jy n vraag vra wat hulle nie kan staaf nie dan bly hulle stil daar is op die oomblik n oak lid wat met my in gesprek is deur die net n baie friendelike persoon en ek waardeur dit of hy my kan antwoord sal ons maar sien
groete
Dennis
Ex OAC Critic: Baie dankie dat jy moeite gedoen het om Natasha te antwoord aangesien ek persoonlik ook by jou antwoord kers opgesteek het. Dankie dat jy gewillig is om met ons Vraers, jou kundigheid te deel :)
Natasha: Indien jy dit nie reeds gedoen het nie, Google "Old Apostolic Church Revealed". Dit is 'n fantastiese bron van inligting wat tans menige vrae waarmee sommige van ons sit - en die OAK-ers op hierdie blog van wegskram om te antwoord - wel beantwoord! En terwl jy daarmee besig is, speel rond met die woorde: OLD APOSTOLIC CHURCH; OU APOSTOLIESE KERK, ens. Jy sal verstom staan wat beskikbaar is. Ek self het Woensdagaand op OLD APOSTOLIC CHURCH REVEALED afgekom en is tans besig om deur die magdom inligting te werk. Definitief een van die prima webtuistes omtrent hierdie kultus en alles wat daarmee gepaard gaan.
Mike: Ek onthef jou van enige verdere "getuigenis"-pogings in my rigting aangesien al my vrae tot dusver deur 'n kundige eks Ou Apostel beantwoord word op die webblad waarna ek hierbo verwys. Ek beveel sterk aan dat jy daar gaan besoek afle. Ek het ook nie meer enige verdere vrae vir jou of jou kultus-genote nie, bloot omdat julle nie oor die nodige kundigheid beskik nie en ongelukkig nie ordentlik met ander in gesprek tree nie. Waarom julle persoonlik raak - en dan ander daarvan beskuldig - gaan my verstand te bowe. Dit is ongelukkig 'n feit dat julle NIE vir julleself MAG dink nie. Julle MOET met al julle vrae na jul "owergesteldes" gaan. Hoe het dit gebeur dat jy jou kritiese denkvermo:e prysgegegee het en slegs steun op wat jou owergestelde vir jou beleer?
Ieder geval, geliefde, segen op julle pad vorentoe vir hierdie dag. Tot volgende keer :)
Dankie Arno.
Ek sal graag met Mike wil gesels dis tese as hy wil hy moet maar net bietjie terug gaan en my email kry onthou almal is welkom om my tekontak
groete
Dennis
Hello,
Jesus praat en waarsku oor HEL . Soveel dat hy, sy lewe gee dat ons nie soontoe moet gaan nie So dink net n bietjie dit moet erg wees. Die OAK en baie ander kerke maak dit asof dit nie groot is nie en intussen , dien mense Jesus dat jy nie moet HEL toe gaan nie . HEL bestaan ,daar is so PLEK nie in jou gedagte soos die OAK verkondig nie ASB, mense lees die skrifte en stuur weg van mensgemaakte apostels vir julle siele se onthalwe.
Groete
Goeie dag aan almal.
Kom ons kyk wat die bybel se wat is die hel ek gaan tekse gee julle kan dit self gaan lees
Die hel is
1.ewige verderf matt7v13 filp3v19 2thess1v9
2;Ewige vuur.matt13v42 matt18v8 matt25v41 daar is nog baie wat verwys na ewige vuur
3;helse vuur.matt5v22 mark9v47 open20v15
4;die hel is berei vir satan en sy engele.matt25v41
dis maar net n paar tekse wat bewys dat daar n hel is daarom moet ons nooit diensknegte van mens word nie maar eerder n dienskneg van God
Groete aan almal
Denis
Middag, Mike
Ek bid dat daar lig op jou pad kom. Ek het jou nog nooit aangeval nie. Ek sal altyd n dwaal leer aanval. Want daardeur gaan siele verlore. As jy mans genoeg of kinderlik is, sal jy mos se jy verstaan nie. Of jy sal erken dat wat julle verkondig verkeerd is. Dit kos n man om kinderlik te wees. Die feit dat jy of enige mens jare in n geloof is , maak nie die geloof reg nie. Jy sien,om te se "ons is reg, en almal is verkeerd" is n gevaar teken. Kyk wat se die skrif
1) Almal het sonde---1 Johannes 1:8
(8)As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie.
(10)As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is sy woord nie in ons nie.
Dink oor dit.
Aan almal,
Die OAK bestaan van 1926 af. Hulle het my probeer oortuig dat hulle van die bybelse tyd of kom. Voor 1926 het hulle nog nie bestaan nie. Klibbe was deel van die NAK(nuwe apostolise kerk) tot in met 1913. Wat ek probeer wys is dat die OAK nie van die bybelse tyd afkom nie
Kom ons kyk of hulle geloof van die Bybelse tyd afkom.Ongelukkig ook nie. Voor Klibbe die OAK begin het, het hy soos ons almal ge glo .Dat die Here weer gaan kom.
Lees die briewe op ex OAC se blog. Nou, ek se nie hulle lees nie die bybel nie.Ek se ook nie hulle gebruik nie die bybel nie.
Dankie Wees geseend.
Ek dink nie die aktiewe oak lede op hierdie groep het al belering gekry oor die volgende nie:
1 Petrus 3:15-16 Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees; met behoud van ‘n goeie gewete, sodat in die saak waarin hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, húlle beskaam mag word wat julle goeie lewenswandel in Christus belaster.
Ek is dankbaar vir die geestelike vryheid om antwoorde vanuit die Bybel te kan deel met ander, en mense te kan vertel van Jesus my Verlosser.
Goeie dag aan almal.
Waar is br Mike hy is stil br Mike ek sien jy nooi ons uit om met jou amptes tekom gesels ek vra jou nou mooi laat een van jul amtes my in Durban Musgrave kontak jy het my kontak email op die blok laat hulle my kontak ek is bereid om vir hulle tegaan kuier by hul hius waar ons kan gesels doen my nou daai groot guns asb
Groete
Dennis
Hello Almal,
Ek is terug met net een begeerte. Dat daar miskien, miskien net een OAK lid dalk
die lig sal sien, en sal weghardloop nie wegloop nie maar hardloop .So n lid sal
weer Jesus dien. Hom/Haar bybel lees en toelaat dat die Heilige gees hulle leer en lei.
Kom ons kyk wat se die skrif (bybel) Gaan Jesus ‘n tweede keer na die aarde toe terugkeer? Kan ons seker wees?
Hebreërs 9:28.
"so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes
van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn
aan die wat Hom verwag tot saligheid."
Johannes. 14:3.
"En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal
julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.."
In Matthéüs 26:64 het Jesus ook getuig dat Hy
weer na die aarde sal terugkeer.
Mattheus 24:27.
"Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn,
so sal ook die koms van die Seun van die mens wees."
"Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met
die stem van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van God;"
(Daar is niks stils of geheimsinnigs omtrent hierdie
gebeurtenis nie. Weerlig is nie iets wat ongesiens verbygaan nie.
Jy sien dit soms, al is jou oë toe. En die geklank van ‘n bassuin sal beslis
gehoor word!)1 Thessalonicense 4:16, 17
en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal
ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer
word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here
wees."
1 Korinthiërs 15:51-53.
"Kyk, ek deel julle 'n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal
ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in 'n oomblik, in 'n
oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die
dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word,
en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word."
1 Thessalonicense 4:16, 17.
"Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met
die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God;
en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal
ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer
word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here
wees."
Neem kennis dat Jesus se voete nie die aarde raak met die wederkoms nie.
Die regverdiges gaan Jesus tegemoet “in die lug”.
God se kinders
moet enige kerk ignoreer wat sê dat Christus in Londen,
Jerusalem, Los Angeles, Johannesburg ens. is. Valse Christusse sal
verskyn en sal wonderwerke op aarde doen (Mattheus 24:23-27),
maar Jesus bly in die wolke bo die aarde met Sy wederkoms.
Baie mooi gestel sowaar Janee
Matteus 24:23-27 As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! —moet dit nie glo nie. Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie. Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
Janee.
10/10 vir jou ek hoop nou net dat al die oak lidmate daaroor sal dink en ook so tot die besef sal kom dat hulle misly word deur mense van vandag my grootste begeerte is dat hulle Apostels tot bekeering sal kom en die ware evangelie begin verkondig wat in die skrifte aangeteken is en dat hulle nie soos die farieseers altyd gekant is teen die waarheid
Groet aan almal
Dennis
Hello
Ek wil maar net be-aam wat Arno voorstel. en vir die oac lede/ampte en apostels vra, dat hulle asb. die BLOG van EX-OAC gaan lees.
Ek glo as daar enige twyfel by julle is/was, aangaande die kinders van die HERE (die wat JESUS dien). Sal dit opgelos word, of be-antwoord word.
"OLD APOSTOLIC CHURCH REVEALED"
Dankie aan almal -- Ek klim van die blog af. EX OAC se Blog is meer interesant
Wat wil jy weet
Geagte Wilhelm.
Ek is 'n Ou Apostoliese suster & is skaam om my Priester te vra hoekom ons Hoede kerk toe dra.
Sal u asb so gaaf wees om my te antw.
Met dank.
Annoniem
Beste Annoniem,
Die OAK se susters dra hoedens omdat hulle dit letterlik (of soos julle nou sal sê “natuurlik”) uit die Bybel vertolk:
1 Korintiërs 11:5-6 maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan; want dit is een en dieselfde asof haar hoof geskeer is. Want as ‘n vrou se hoof nie bedek is nie, laat sy dan ook haar hare afsny; maar as dit vir ‘n vrou lelik is om haar hare af te sny of te skeer, laat sy haar hoof bedek.
Daar is ook ‘n facebook groep as jy belangstel:
OAK hoede/ OAC church hats. https://www.facebook.com/OAK-hoede-OAC-church-hats-163838110783427/?ref=py_c
Seëngroete
Ex-OAC
In die begin was die woord
God en god was met ons
En wanneer ons dit in die Bybel gaan lees, dan lees dit anders as wat hierbo verskyn:
Johannes 1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
Johannes 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.
Dis egter beter om daai hele hoofstuk te gaan lees :-)
Goeie Dag Almal
Ek will graag die geleentheid gebruik om te deal, Als wat ons lees, praat en deel in die geheel is goed maar nou moet ons verder gaan as net kennis en die balk in ons oe sien en iets doen daar omtrent en begin ons eie tekortkome identifiseer. Sien die uitreksel uit die bybel.
Galasiërs 5 vers 16 - 25
Maar ek sê: Hou aan om deur gees te wandel,+ en julle sal hoegenaamd geen vleeslike begeerte uitvoer nie.+ 17 Want die vlees is, wat sy begeerte betref, teen die gees,+ en die gees teen die vlees; want hulle is in stryd met mekaar, sodat julle juis dié dinge wat julle graag wil doen, nie doen nie.+ 18 Wat meer is, as julle deur gees gelei word,+ is julle nie onder die wet nie.+
19 En die werke van die vlees is openbaar,+ en dit is hoerery,+ onreinheid, losbandige gedrag,+ 20 afgodediens, die beoefening van spiritisme,+ vyandskappe, twis, jaloesie, vlae van toorn, rusies, verdeeldhede, sektes, 21 afgunstighede, dronkenskap,+ swelgerye en soortgelyke dinge. Aangaande hierdie dinge waarsku ek julle vooruit, net soos ek julle reeds vooruit gewaarsku het, dat dié wat sulke dinge beoefen,+ God se koninkryk nie sal beërf nie.+
22 Die vrugte+ van die gees, daarenteen, is liefde, vreugde, vrede, lankmoedigheid, goedhartigheid, goedheid,+ geloof, 23 sagmoedigheid, selfbeheersing.+ Teen sulke dinge is daar geen wet nie.+ 24 Wat meer is, dié wat aan Christus Jesus behoort, het die vlees saam met sy hartstogte en begeertes aan die paal gehang.+
25 As ons deur gees lewe, laat ons dan voortgaan om ook deur gees ordelik te wandel.+ 26 Laat ons nie egotisties word en wedywering+ met mekaar aanwakker en afgunstig op mekaar wees nie.+
Ons moenie meer praat oor kerk, hoede skoene ens maar wandel soos Jesus ons gewys het.
Wat dit beteken niemand kan judge nie maar ons moet mekaar opbou
En as mens daai uitreksel weer mooi gaan lees, dan beteken vleeslik NIE om die Bybel "natuurlik" (letterlik) te gaan lees en verstaan nie. Daar is net EEN Jesus en Hy is die enigste Messias. Geen "kerk" kan sê dat hulle Christus is nie, net Jesus is die Christus en die kerk is die liggaam wat aan Hom behoort waarvan Hy die Hoof is.
Dit kom my voor dat OAK Apostelaat, Amte en gewone Lidmate werklikwaar probleme ervaar wanneer hulle probeer onderskei wanneer 'n aangeleentheid GEESTELIK of VLEESLIK hanteer behoort te word...
Het onlangs op aandrang van OAK vriendin oor die Pase 'n paar dienste bygewoon. Tydens middagete, waarheen ek genooi is, het 'n geskilpunt ontstaan tussen etlike partye. Die priester haal toe 'n Mosaiese wettiese voorskrif aan om die saak te beklink en dit was die laaste woord, BASTA.
Ek het maar net soooo gesit en luister. Kan veel meer s^e, maar ag, my persoonlike mening is dat daar aan hierdie kultus as 'n geheel, geen sal te smeer is nie. Slegs 'n geestelike wonderwerk kan die individu wat daarin verstrengel geraak het, die lig laat sien. Om nie eens te praat van onsamehangende plasings wat op hierdie blad deur sommige lede geplaas word nie. Sien as een voorbeeld ene Hann Erasmus se bydrae. Eat op aarde het dit nou met die hele gesprek te doen? :(
Amte = Ampte
Sal = Salf
Die wie die vlees bedink, is van die vlees en die wie die gees bedink, is van die gees. God is gees en ek bedink liewer slegs die gees, want ek stel nie belang om die wereld se verbeeldingsgode en gesneede beelde te aanbid nie. Hy seg. Die wie God gesien het, sal sekerlik sterwe. Ek het my God lankal in my mede broer se stem gesien en gehoor en reeds lankal my Adam-Aards se vleeslike denkwyse afgesterf sodat ek in gees gebore kon word om die geestelikheid te kon verstaan. Die wie God tussen die sterre wil loop soek, is welkom om voort te soek. Die wie in n materialistiese wederkoms glo, kan maar saam met die miljoene afgestorwendes loop sit en wag, wie al 2000 jaar lank sit en wag. Dit pla my nie. Die skrifgeleerdes het Jesus nie erken of herken nie. Hoekom sou die wereld Hom of n dienskneg van Hom erken of herken? Niemand kan n blinde maak sien as hy verkies om blind te bly nie. God is genadig, maar nie n bedelaar nie. God smeek en soebat niemand nie. God kan ook toornig word. As u my nie glo nie. Beproef dit.
Beste Andre,
as jy nou mooi daai verse binne konteks gaan lees in Romeine 8 dan sal jy lees dat die wat vlees bedink hulle nie onderwerp aan die wet van God nie (Romeine 8:7). As jy bietjie verder in die Bybel gaan lees (Galasiërs 5:16) dan sê dit dat die wat wandel deur die Gees nooit die begeerlikheid van die vlees sal volbring nie.
Die Bybel maak dit nogal baie duidelik dat die vlees wat teenoor die gees is, is slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid, ongeregtigheid, hebsug, ondeug, twis, kwaadaardigheid, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, onverstandig, ontrou, onversoenlik, onbarmhartig, dronkaard, afgodedienaars, wellustelinge ens. (Mattheus 15:18-20, Markus 7:20-23, Romeine 1:25-32, 1 Korintiërs 5:9-11, 1 Korintiërs 6:9-10, 1 Korintiërs 6:15-20, Galasiërs 5:19-21, Efesiërs 4:17-31, Efesiërs 5:3-7, Kolossense 3:5-9, 1 Tessalonisense 4:3-8, Hebreërs 13:4-5, 2 Petrus 2:4-10, Openbaring 21:8, Openbaring 22:15). Jy sal agterkom dat letterlike vertaling nie in hierdie verse ter sprake is nie, dis eerder vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel (1 Petrus 2:11).
Die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig (Galasiërs 5:22-25, Efesiërs 5:8-11, 2 Petrus 1:4-8). Jy sal agterkom dat sogenoemde “geestelike” interpretasies en gelykenisse nie hier ter sprake is nie. Al sou ek die tale van engele spreek, die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en ek het nie die liefde nie, dan is ek niks nie, net ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal (1 Korintiërs 13:1-3).
Jesus wat opgeneem is in die hemel, sal net so terugkom (Mattheus 24:23-28, Handelinge 1:6-11, 1 Tessalonisense 4:16-18). Jou kommentaar “…miljoene afgestorwendes loop sit en wag, wie al 2000 jaar lank sit en wag…” laat my dink aan 1 Korintiërs 15:12-19, 2 Korintiërs 11:13-15 en 2 Petrus 3:3-10. Gaan lees maar self. Jou god is die woord van jou “owergestelde” – ‘n aardse mens. My God is die Skepper van die hemel en aarde. Jou “Jesus” is jou kerk, my Jesus is my Verlosser en Saligmaker en enigste Messias (Johannes 14:6, Johannes 20:24-31, Lukas 24:39-40, Handelinge 1:2-3, 1 Johannes 2:22, 1 Johannes 5:1, 1 Timoteus 2:5-6).
Andre, het jou boodskap kopskuddend gelees. Niks oorspronklik daarin gevind nie. Al die ge-ykte "god is in my broer se stem", "Wie God tussen die sterre wil gaan soek...", "Die wie in n materialistiese wederkoms glo, kan maar saam met die miljoene afgestorwendes loop sit en wag, wie al 2000 jaar lank sit en wag." ensovoorts en so aan en blah blah blah
Dit is alles stokou, holrug en klakkelose argumentjies. Is verbaas dat jy nie met die vraag ""Waar is die hemel?" vorendag gekom het nie. Het die OAKers niks nuuts om vir ons buitestaanders te getuig nie?
Laat my dink aan 'n legger wat ek van julle het. Onder die plaaslike OAKers staan die inhoud daarvan bekend as "BROER GERT GETUIG." Dit is reeks van "getuigenisse" wat oor sewe dae strek om iemand soos ek die OAK in te getuig. Al die argumente wat gebruik kan word en so aan, sien. Niks nuuts onder die son HIER nie.
Soos ek voorheen genoem het, is dit slegs 'n wonderwerk wat sal veroorsaak dat 'n OAKer tot die besef sal kom dat hy/sy gruwelik besluier is en dat die OAK 'n uiters gevaarlike kulte is. Gevaarlik in die sin dat 'n persoon wat in die strik inloop, sy/haar oordeels- en denkvermo:e moet prysgee en slegs belering vanaf hulle "owergesteldes" mag ontvang. Selfs onafhanklike Bybelnavorsing word ten strengste afgekeer.
Om dit maar baie pront te stel: 'n GRILLERIGE besigheid die hele OAKery.
Die gemeente wat ek bygewoon het die afgelope paasfees, moes ek selfs van hoor hoe hulle noustrop trek met tiendeheffings. Blykbaar betaal die "amptes" en "gewone OAKers" apart hulle tiendes en is daar op een of ander wonderbaarlike wyse vasgestel dat van die amptes en die gewone lidmate besig is om die Apostel te beroof deur nie hul volle tiendes te betaal nie. MENSE, het ek my nou in DIE spulletjie verkneukel! Moes selfs uit die perd se bek hoor hoe die "Apostel-berowers" met hulle "sielsaligheid" speel!
Dit is toe daar en dan dat ek besluit dat ek slegs agter die kap van die byl gaan kom as ek meer dienste bywoon en persoonlik indringende gesprekke voer met die "amptes." Want sien, HIER op DIE blog kry mens nie antwoorde op jou vrae nie. Ek vra toe sommer die SEWE HEMELE vraag so in die bondel in en het my stil-stil verkneukel hoe daar eers kers oogesteek moes word by die "amptes" aangesien dit maar ietwat krom en skeef uitgekom het by die gewone lidmate.
Liewe mense inderdaad, maar lieflik op 'n dwaalspoor ... en ek geniet my nuwe tydverdryf van "duiwelsadvokaat" speel :D
Tot volgende keer...
Jy’s reg Arno, toe ek nog in die OAK was en een dag besluit om self die hele Bybel te lees, het baie dinge nie vir my sin gemaak nie. Ek wou bietjie navraag doen en geglo die “amptes” het al die antwoorde want ek het geglo hulle’t mos die gawe om die ganse Bybel te verstaan. Sjoe! Die “oudste” het my uitgetrap omdat ek nie eet wat die “apostel” in my bord neergesit het nie. Ek mag net vrae vra oor die nuutste “belering” en op daai stadium het ons weke lank “belering” gehad oor Filippense 4:4. Dit is inderdaad ‘n wonderwerk dat die waarheid my vrygemaak het, dit was God se genade wat my gered het. Ek is elke dag dankbaar.
Die wie vry gemaak is, hoef nie te bid nie, hoef nie om vergifnis van sonde te vra nie, hoef nie goed aan ander te doen nie en hoef nie te lewe nie, want hulle is klaar vry gemaak en moet slegs sterwe. Hulle is mos vry gemaak, maar moet steeds nog miljoene jare op n wederkoms wag om ge-oordeel te word. Vry-gemaaktes wat ge-oordeel moet word. :-D Sounds good ...
Ek het ook op n stadium HARRY POTTER movies gekyk waar alles met HEKS-AGTIGE-MAGIC werk. Laat daar lig wees en POEF daar skyn die Son. Laat daar diere wees en POEF daar kruip die dinosaur op die grond rond. Laat daar mens wees en POEF daar rig elke aap-mens vir hom n grot as woning in. Miljoene jare het sederd die sprokie-agtige verbeeldings-skepping verloop en vir miljoene jare was daar niks MAGIC meer nie. Nie eers vandag meer nie.
Waar woon God? In die hemel. Waar is die hemel en almal wys boontoe. Hey, wees meer akuraat. Die Aarde draai 360 grade om sy eie as. Jy kan nie elke minuut van die dag in dieselfde rigting wys nie, want die rigting na die galaxy verander soos wat die Aarde draai. Hoe lyk God. Ek weet nie. Huh? Wat is God? n Mens-agtige wese. Huh? Wie het God al gesien. Niemand nie. Huh? Hoe glo jy in die onbekende wat jy nie kan sien nie? Wat is die Byble? Die woord van God. Huh? Since when kan die Bybel praat? Since when hoef God deur n boek te praat? Wanneer is die wederkoms? Dit is naby. Huh? 100 miljoen jaar? Nee dit is naby. Wat van die wie reeds al 2000 jaar gelede gesterf het? Wag hulle ook steeds vir die wederkoms? Ja. Shoe, hulle wag al lank. Wie het daai boom gemaak? Die Here. Huh? Ek dog jou God het alles geskape. Wie maak mens? God maak mens. Huh? Ek klim in die bed en maak mens. As God dan mens sou maak, hoekom word daar dan steeds gebreklike en sieklike kinders gebore? Wat is die verskil tussen siel en gees? Elke persoon het sy eie sienswyse. Huh? Ek dog daar is net een God en een waarheid? Het jy jou God lief? JAAAA natuurlik. Ok, gaan buk laat n Arabier jou kop afkap. Nee nooit, ek is nie mal nie. Ja nee. Ek sal ook nie my kop vir n verbeeldings-god laat rol nie.
Nee wat. Hierdie HARRY POTTER gelowe werk nie vir my nie. Ek glo nie in MAGIC of SPROKIESVERHALE nie. Ek dien maar liefs my God in gees en in waarheid.
Ek het ook soos jy geredeneer en gedink toe ek nog ‘n ou apostolie was. As ou apostolie was my geloof juis gebaseer op verbeelding, “brood breek” is ‘n goeie voorbeeld daarvan. Jy gebruik jou verbeelding om wat op Skrif staan te verdraai na iets wat binne menslike vermoëns pas, jou ore is jou mond en jou kop is jou maag ens. Die OAK se heel eerste “apostel” was Klibbe. Die OAK het nie voor 1926 bestaan nie. Weet jy dat Klibbe aan sy “viervoud amp” ‘n brief gestuur het en dat hy ook op Jesus se koms gewag het? Weet jy dat die OAK apostelaat in 2001 besluit het dat Jesus wel ‘n fisiese geskiedkundige mens hier op aarde was? Terloops, ek glo ook nie in MAGIC of SPROKIESVERHALE nie, ek glo wel dat by God is alles moontlik.
Kan die materialistiese gelowiges n paar vrae beantwoord asseblief?
Genesis 1:1 en 2 – In die begin het God die hemel en die Aarde geskape. En die Aarde was woes en leeg en duisternis was op die wereldvloed en die gees van God het gesweef op die waters. --- Hoe kan die Aarde “WOES” en “LEEG” op dieselfde tyd wees? Hoe kan daar vloeibare water wees as daar nie n Son is wat hitte verskaf nie?
Genesis 1:3 – En God het gese. Laat daar lig wees en daar was lig. --- Watter lig was op die eerste dag gemaak? Was dit die Son, want nerens word die naam “SON” genoem nie?
Genesis 1:16 – God het toe die twee groot ligte gemaak. Die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag. --- As God reeds die Son op die eerste dag gemaak het, hoekom sou Hy weer n son op die derde dag maak?
Al die diere en plante was toe gemaak. --- Is die aap-mens en dinosaurs ingereken as deel van die skeppings proses? Wat van die twee kere toe natuur rampe alle lewe op Aarde uitgewis het? Ys tydperk en meteor impak? Waar het nuwe lewe vandaan gekom? Hoeveel jaar bestaan die Aarde al? Is die wetenskaplikes en argioloe verkeerd?
Genesis 1:26 - En God het gese. Laat “ONS” mense maak na “ONS” beeld, na “ONS” gelykenis. --- Wie is die “ONS” waarvan die skrif praat? Jesus het daai tyd nog nie bestaan nie en ook nie die heilige gees nie?
Toe Noag met sy gesin in die ark geklim het en alle ander lewe uitgewis was, met wie het hulle geslaap om die Aarde met nuwe mense te vul, want gemeenskap met eie broers en susters was bloedskande en teen die gebod?
Ek is ‘n geestelike gelowige maar ek neem aan jy probeer sarkasties wees met “materialistiese gelowige”.
Die aarde was onbewoon, sonder vorm, en leeg. Water het nie die son nodig om water te wees nie (http://www.sciencemag.org/news/2014/09/half-earths-water-formed-sun-was-born). Buitendien, water het drie vorms naamlik gas, vloeistof en solied. Jy kan ook verder hier gaan lees: http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/doctrine-earth.html
God het nie die son nodig om lig te gee nie, die son is dan een van Sy skeppings. Lig is nie noodwendig altyd sigbaar met die oog nie, soos byvoorbeeld infrarooi en ultraviolet strale wat ook as lig beskou word al is dit onsigbaar. As jy dit geestelik wil sien dan is God ook lig (1 Johannes 1:5). Jesus is die lig van die wêreld (Mattheus 17:2, Lukas 9:29, Johannes 8:12, Johannes 9:5, Handelinge 9:3-5, Handelinge 22:6-8, Handelinge 26:13-15). Sy woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad (Psalms 119:105). Die heerlikheid van God het nie ‘n son of maan nodig nie (Openbaring 21:23, Openbaring 22:5). Kyk wat het met Moses gebeur toe hy veertig dae lank met God op die berg Sinai was (Eksodus 34:29-35). Jy kan ook verder hier gaan lees: http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/doctrine-light.html
Nee, God het nie die son op die eerste dag gemaak nie, ook nie die derde dag nie, dit was op die vierde dag toe hy hulle gemaak het. Gaan lees gerus weer die eerste hoofstuk in Genesis.
Partykeer raak ek gefrustreerd met mense dan dink ek hulle is aap-mense, maar dan moet ek myself herinner dat ek myself ook soms soos ‘n aap gedra. Dit daar gelaat. Dit klink asof jy baie na National Geographic kyk? Ken jy die verskil tussen ‘n teorie en ‘n feit? Luister bietjie weer na die woorde wat hulle gebruik op sulke programme dan sal jy “probably”, “maybe” ens. hoor. Wetenskaplikes sal met mekaar debateer solank as wat ‘n beginsel ‘n teorie is en nie ‘n feit nie. Sodra iets bewys is, sal alle wetenskaplikes daarmee saamstem. Wetenskaplikes stem nie almal saam met jou teorie nie. Jy kan ook verder hier gaan lees: http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/doctrine-earth.html
Terloops, met betrekking tot dinosourusse, daai woord is ‘n moderne woord. In baie kulture word daar van drake gepraat en daar word vermoed dat hulle eintlik van dinosourusse praat. In die engelse KJV vertaling word daar van “behemoth” en “leviathan” (Job 40:10-28, Job 41:1-25) gepraat. As jy in die Afrikaanse vertaling gaan lees, dan beskryf hulle verseker iets baie groter en sterker as die seekoeie of krokodille waaraan ons gewoond is. Die beskrywings stem meer ooreen met dinosourusse.
Die “ONS” waarna verwys word sluit verseker Jesus in nog voor Hy vlees geword het (Johannes 1:1-14, Johannes 8:56-58, 1 Korintiërs 10:4).
Noag het drie seuns gehad (Genesis 6:10). Dit was Noag en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns wat saam met hom in die ark gegaan het (Genesis 7:7). God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde (Genesis 9:1). Jy kan dan die stamboom gaan lees in Genesis 10. Abraham was met sy half-sussie Sara getroud (Genesis 20:12), en Amram het Jogébed, sy tante, vir hom as vrou geneem (Eksodus 6:19). Sulke verhoudings was toe nog nie vreemd of teen die wet nie want hulle was nog geneties sterk. Bloedskande het eers later gekom en as onwettig verklaar (Levitikus 18:6-18, Levitikus 20:14, Levitikus 20:21).
Baie mooi omskryf en uiteen gesit Ex-OAC en dankie vir die terugvoer. Jy moet maar verskoon as ek nie dadelik kommentaar nie, maar ek kom maak so een maal n week n draai op die blad. Ek verwys maar na materialisties en geestelik sodat die onderskeid getref kan word en nie om sarkasties te wees nie.
Ek seg nie jy is verkeerd nie en ek seg nie die OAK is met alles reg waarin hulle glo nie, want ek is n individu wat self besluit wat ek wil aanneem en wat ek wil verwerp. Ek stem ook nie met alles in die OAK saam nie. Slegs in die waarheid. Die wetenskap rakende die evolusie pla my wel, want dit kanseleer die materialistiese skepping. Wetenskap is op feite basseer en nie op wensdenkery nie. Die big bang, planete, sonnestelsel, super novas, mutasie van organismes, argiologiese ontdekkings, die dinosaur, die hybrids, ouderdom van die aarde en soveel meer. Geen mens kan in die wetenskap en in die materialistiese skepping terselfde tyd glo nie. Watter een moet n mens nou eintlik in glo? Wetenskap met bewyse of geloof sonder bewyse? Daarom glo ek in n geestelike God wat geestelik skep, want as ek in n materialistiese God sou glo, sou die wetenskap my n leunaar noem.
Met aandag Andre en ex-OAK se onlangse skrywes gelees. Baie dankie vir albei insette.
Na ietwat nadenke dit goed gedink om die volgende standpunte met almal te deel, dan weet ons ten minste vanuit watter oogpunt elkeen van ons die gewigtige dinge van die lewe benader, te wete ons God- en kosmologiese beskouings.
Ek is, vir gebrek aan beter stelwyse, 'n "God- en Waarheidsoeker." Lank nie meer vandag se kind nie, het ek as 'n gevolg van my persoonlike navorsing tot die volgende gevolgtrekkings gekom (ek is altyd oop vir oorreding, solank as dinge wat aan my voorgehou word, nie met my God-gegewe rede indruis nie.)
Kortliks glo ek tans die volgende:
1. God is die skepper van die ontsaglike, uitgestrekte en bykans onmeetlike materi:ele skepping. God is ook skepper van die innerlike, geestelike mens van elkeen van ons, in *samewerking* met ons deur Sy Gees wat elkeen van ons inwoon en Godwaarts rig.
2. Dat God op 'n stoflike, materi:ele vlak by wyse van die proses bekend as *evolusie* skep. Hy is die skepper, onderhouer en handhawer van Sy ganse skepping, die Oerbron van alle dinge wat was-is-sal wees. Dat hierdie *Oerbron* manifesteer as 'n Universele Vader, 'n Ewige Seun en 'n Oneindige Gees, kortom: Die Paradys Drie-eenheid.
3. Dat die verslae soos opgeteken en gepubliseer is in wat aan ons bekend is as Die Bybel, nie die onfeilbare een-en-enigste openbaring van God aan die mense is nie. Dit is die verslae van opregte mense se opregte soeke en verstaan van God deur die eeue heen, maar nie 'n Godgegewe handleiding van hoe om in ooreenstemming met die wil van God te leef nie; nie die een en enigste gids tot streflike/menslike oorlewing nie.
4. Dat God se *karakter/inherente beeld* die van LIEFDE is en dat daar nog nooit in Sy gemoed opgekom het dat Hy deur 'n wrede bloedoffer met Sy skepsels versoen behoort te word nie. Die hele idee van 'n grimmige, wispelturige en uiters kinderagtige wese soos geopenbaar word in die sogenaamde *heilsgeskiedenis* van die Ou Testament, is 'n klap in die aangesig van Skepper.
5. Dat Jesus van Nasaret nie gekom het om vir ons versoening te bewerkstellig met sy kruisdood nie, maar dat hy VERMOOR is deur 'n onkundige en bygelowige spul barbare. Dat daar wel groot betekenis vir elkeen van ons opgesluit l^e in sy aardse lewe, is miskien 'n onderwerp vir 'n meer gelegener tyd. Ek aanvaar vir Jesus van Nasaret wel as my Here en die Skepper en God van hierdie heelal.
6. Ek glo dat God 'n fantastiese en grootse doel vir en met elkeen van ons het en dat deel uitmaak van die goeie nuus van die Ouerskap van God en die Broeder- en Susterskap van alle mense; dat ons deel uitmaak van 'n uitsonderlike, majestueuse en weergalose ewige avontuur wat sy begin het in hierdie aardse lewe ...
Dit dan 'n uiters beknopte weergawe/opsomming van my Godsbegrip en lewensbeskouing. Nogmaals dankie vir wat julle deel 👊
Ek stem saam dat geloof nie op wetenskap gebaseer moet wees nie, want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie (2 Korintiërs 5:7). Geloof is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie (Hebreërs 11:1). Jesus self het gesê ‘n slegte en owerspelige geslag soek na ‘n teken (Mattheus 16:4).
Wetenskap het nie al die antwoorde nie. Wetenskap het geen benul hoe werk wonderwerke nie. Volgens wetenskap is daar ook nie ‘n bewys vir ‘n siel of ‘n gees nie. Wetenskap is nog besig om te ontwikkel, wie weet wat se nuwe ontdekkings en uitvindsels daar nog gemaak gaan word. Ware wetenskaplike feite pla my nie, ‘n mens moet onderskei tussen teorie en feit. Ek luister altyd na die woorde wat gebruik word, dit maak ‘n groot verskil. Die oerknal (Big Bang) teorie is presies dit, ‘n teorie. Daar is twee ander dominante wetenskaplike teorieë wat hulle nie met mekaar kan vereenselwig binne die oerknal teorie nie, naamlik kwantum meganika en Einstein se algemene relatiwiteits teorie. Die makro ewolusie teorie is ook vir my dikker as ‘n daalder. Wat het dan met ape gebeur dat hulle nou nog ape is? As ons oer ouers dan dieselfde was sou ons mos met mekaar kon teel soos wat donkies, perde en sebras met mekaar kan teel? Of soos honde wat ongeag van grootte en soort ook met wolwe en jakkalse kan teel? Volgens “wetenskaplikes” het die selakant 140 miljoen jaar terug sy verskyning gemaak en 65 miljoen jaar terug uitgesterf. Toe skielik in 1938 is hulle weer in lewende lywe gesien. Dis dieselfde “wetenskap” wat bepaal dat die mens ongeveer 100 duisend jaar terug sy eerste verskyning gemaak het. Met ander woorde ‘n vis het vir 140 miljoen jaar onveranderd gebly terwyl ‘n aap so drasties verander het in minder as ‘n miljoen jaar om ‘n mens te word? Wat radiometriese datering betref, daar word aanvaar dat radioaktiewe vervalkoerse liniêr en onveranderd bly oor miljarde jare omdat dit al vir meer as sestig jaar gemeet is sonder enige waargenome veranderings. Dis soos om die spoed van ‘n kar te meet sodra hy wegtrek vir die eerste millimeter en daai lesing te gebruik om te bepaal hoe lank hulle gaan ry Kaapstad toe. Ek glo nie radiometriese datering kan oor miljoene jare liniêr bly nie. Dalk is ek te dom om dit te verstaan.
Hoe dit oolal sy, God is groter as menslike kennis en wetenskap. Hy kan nie deur tyd en ruimte beperk word nie.
Nettie Nettie! Dis amazing hoe jy die inhoud van die kanon (bybel) so kan verdraai. Die bybel SAL en kan hom nooit weerspreek nie. Jy moet dit wat jy so verdraai in konteks lees. Dit help nie jy vat 'n vers en verstaan nie regtig wat daar staan nie.
Jy kan die bybel nie vergeestelik nie. Daar is baie allegoriee in die bybel maar as ky dit in konteks hanteer sal jy dit verstaan.
Die laaste "apostel" was die een wat letterlik Jesus lewendig gesien het toe hy op aarde gewandel het.
Soos jy die bybel lees en verstaan sou dit onmoontlik wees vir 'n maagd om geboorte aan 'n seun te skenk en as dit waar is dan is die HELE wereld vanaand oppad hel toe. Jesus moes juis uit 'n maagd gebore word anders was hy soos almal van ons in sonde gebore. Die vlekkelose lam van God moes ons sonde aan die kruis dra.
Jy verwys na Johannes 1 oor die vleeswording van die Woord.
Weet jy dat die eerste vier boeke van die nuwe testament Matheus, Markus, Lukas en Johannes net handel oor die lewe van Jesus op aarde. Die Woord in Johannes verwys na Jesus wat vlees geword het toe Hy uit die maagd Maria gebore is. Hy is die volmaakte Woord waardeur mens gered kan word. Niemand kom na die Vader as hy nie deur die seun Jesus) KOM NIE.
Leon, dit klink vir my of jy nou glo na 57 jaar dat 7dae per week in die kerk jou in die hemel gaan kry. Efesiers 4 vers 8 en 9 sê "Uit genade is julle gered deur die geloof en nie uit die WERKE nie dit is 'n gawe van God sodat niemand mag roem nie"
Alles gaan rondom Jesus en wat Hy (nie 'n apostel nie) vir ons aan die kruis gedoen het. Daar is maar geen ander weg om mee gered te word nie.
Laaste ding. Jy kan nie die bybel vergeestelik nie. Daar is allegoriee in die bybel maar konteks is koning!
As die bybel vir my sou sê dat Jona die vis ingesluk het dan sou ek dit so geglo het. As ek glo (ek glo dit 10000%) dat Jesus uit 'n maagd gebore was (sonder sonde) dan moet ek ook kan glo dat die vis Jona ingesluk het anders is dit wat ek glo totaal en al nutteloos.
Jy moet die Hele bybel glo anders is jou geloof gebou op 'n vals fondament. Daar is net een fondament en die Jesus!
Leon glo my jy gaan lank wag vir daai antwoord want dit staan nêrens in die bybel nie.
Hier is die probleem.
Die OAK het nie 'n amptelike kweekskool of kollege waar hulle hulle priesters leer nie. Hulle ontvang lering van iemand wat ook nie lekker weet wat aangaan nie. Dis hoekom jy in verskillende gemeentes geweldige verskille kry in wat hulle glo. Dit is nie tot eer van God nie. Wat my ook bang maak is hoe maklik hulle priesters in 'n diens die profeet kan stilmaak omdat hy.of sy nou "genoeg" gepraat het. Hoe kan iemand God stilmaak as Hy praat?
Wat my ook pla is dat 'n priester my sondes (nogal wetend en onwetend) gedurende 'n nagmaal kan vergewe. Dis absoluut onmoontlik want net die bloed van Jesus kan sondes vergewe.
Hoe gaan iemand grens toe om oorlog te voer sonder 'n geweer? As jy bely dat die bybel jou dogma bepaal dan moedig jy jou lede aan om hulle bybel te lees en te bestudeer. Hoe gaan jy lerl toe sonder jou bybel? Dit verstaan ek glad nie.
Dan wil ek ook sê dat elke keer wanneer 'n priester my probeer "beleer" het hy weg gegaan het met die belofte dat hy na my sou terugkeer met antwoorde van die oudstes af maar nooit het ek hulle weer gesien nie.
Witvlerk. Laat ek jou help. Die OAK glo dat Jesus die dag vir jou gekom het toe jy in die kerk opgeneem is. Dit laat ons egter met die volgende vraag. Hoekom hou hulle dan nog nagmaal? Want Jesus het die nagmaal ingestel en gesê dat ons dit moet doen totdat Hy weer kom! As Jesus dus volgens die OAK weer gekom het dan is die sakrament nie meer nodig nie.
Jesus moet weer kom en dit sal 'n skok vir baie wees.
Witvlerk, Absoluut die waarheid. Hier word verwys na die letterlike geboorte van Jesus wat mens geword het en wat die volmaakte woord is waardeur 'n verlore wêreld gered kan word.
Wees net versigtig dat jou antwoorde hier in liefde oorgedra word.
Mike, ons ken die del uot ons kop uit. Lees dit saam met Matheus, Markus en Lukas en jy sal weet dat die 4 boeke bekend staan as die 4 evangelies wat letterlik na Jesus verwys. Kyk sommer voor in jou bybel jy sal. sien dat hulle dit so daar aandui. Sit in die plek van "Woord" die naam Jesus en jy sal steeds 100% reg wees.
Witvlerk, my dierbare vriend in Jesus selfs ek sou dit nie beter kon stel nie. Die Here seën die verduideliking!
Mike, Mike my vriend jy dwaal. Onthou konteks is koning. Lees die 4 evangelies saam en jy sal sien dis Jesus waarna hy (Johannes) verwys. Johannes moes die weg op aarde baan vir Jesus.
Jesus was van die begin af daar, Hy en die Vader is een.
Dennis, alles wat jy verduidelik het is 100% waar en reg, jy kon dalk net probeer het om dit bietjie meer envoudig te stel. Ons het hier te doen met 'n lering wat glo dat jy kan rook en drink en vloek soos jy wil en dat met 'n nagmaal al jou sondes weer vergewe sal word. Dis 'n lekker geloof, jy sal moeilik iemand in die OAK anders oortuig. Indien Jesus nie self Hom deur sy woord (bybel) aan so iemand openbaar nie sal hulle moeilik oortuig word dat hulle 'n dwaalleer verkondig.
Beste Andre Van Der Mescht, ek dink dalk sal hierdie vir jou interessante stof tot nadenke wees. Hierdie is ‘n video en ‘n webblad oor ‘n argeologiese ontdekking wat in Saoedie Arabië gemaak is:
https://www.youtube.com/watch?v=-mB5Aw14e4M,
http://www.messianic-literary.com/mt_sinai.htm
‘n Wetenskaplike verduidelik hoedat tyd gesien moet word vanuit ‘n Bybelse en ‘n wetenskaplike oogpunt en dat albei met mekaar vereenselwig kan word:
http://geraldschroeder.com/wordpress/?page_id=53
‘n Wetenskaplike gebruik wetenskap om God se bestaan te bewys:
http://geraldschroeder.com/wordpress/?page_id=211
‘n Professor verduidelik hoekom Jesus die enigste Messias is:
https://www.youtube.com/watch?v=LTSKfXzdiuE
Tenspyte van al hierdie inligting wil ek net weer benadruk dat my geloof nie hierop gebaseer is nie, as die Gees in jou hart is dan het jy nie bewyse nodig nie. My geloof is nie op wetenskap gebaseer nie, want ek wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie (2 Korintiërs 5:7). My geloof is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ek hoop, ‘n bewys van die dinge wat ek nie sien nie (Hebreërs 11:1). Jesus het gesê ‘n slegte en owerspelige geslag soek na ‘n teken (Mattheus 16:4).
Post a Comment